Omdat die Majagliewe as óf lettergrepe óf hele woorde (morfeme) gelees kan word, word kleinletters in dié artikel vir lettergrepe en hoofletters vir morfeme gebruik.
thumb|250px|Majagliewe is baie ingewikkeld en is dikwels in klip gegraveer. Majaskrif, ook bekend as Majagliewe, is histories die inheemse skryfstelsel van die Majabeskawing van Meso-Amerika en is die enigste Meso-Amerikaanse skryfstelsel waarvan 'n groot deel al ontsyfer is. Die vroegste bekende inskripsies wat onteenseglik deur die Maja is, dateer uit die 3de eeu v.C. op laat voorklassieke terreine soos Chakjobon (Mexiko) en San Bartolo (Guatemala). Die skrif was voortdurend deur die hele Meso-Amerika in gebruik tot en met die Spaanse verowering van die Maja in die 16de en 17de eeu. Hoewel moderne Majatale byna geheel en al met die Latynse alfabet geskryf word eerder as met die Majaskrif, was daar onlangse ontwikkelings wat die herlewing van die Majagliefstelsel aanmoedig.
Die Majaskrif het logogramme gebruik, aangevul deur ’n stel sillabiese gliewe, ietwat soortgelyk in funksie aan moderne Japannese skrif. Majaskrif is deur vroeë Europese ontdekkingsreisigers van die 18de en 19de eeue “hiërogliewe” genoem, aangesien die algemene voorkoms daarvan hulle aan Egiptiese hiërogliewe herinner het, alhoewel die twee stelsels nie verwant is nie.Kettunen, H., & Helmke, C. (2020). Introduction to Maya Hieroglyphs. In *Handbook of Maya Hieroglyphs (pp. 9–10). Besoek by https://www.mesoweb.com/resources/handbook/IMH2020.pdf
Tale Bewyse dui daarop dat kodekse en ander klassieke tekste deur skribas – gewoonlik priesters – geskryf is in Klassieke Maja, ’n literêre vorm van die uitgestorwe taal Chʼoltiʼ.
Dit is moontlik dat die Maja-elite dié taal as ’n lingua franca in die hele Majasprekende gebied gebruik het, maar tekste is ook in ander Majatale geskryf.
Struktuur thumb|240px|Maja-inskripsies is meestal in kolomme van twee gliewe wyd geskryf, met elke agtereenvolgende paar wat van links na regs en van bo na onder gelees is.
Maja-inskripsies het bestaan uit 'n relatief ingewikkelde stel gliewe, wat op keramiek, mure en baspapier geskryf, in hout of klip gekerf of in pleister gegiet is. Die gekerfde en gegote gliewe is geverf, maar min van die verf het bewaar gebly. Teen 2008 kon sowat 80% van Majaskryfwerk met klank gelees word en die betekenis van omtrent 60% kon verstaan word met wisselende grade van sekerheid, genoeg om 'n duidelike prentjie van die struktuur te gee.
Majatekste is gewoonlik geskryf in kolomme van twee blokke wyd, met elke blok wat met 'n naam- of werkwoordfrase ooreenstem. Die blokke in die kolomme is van links na regs en van bo na onder gelees, en sou herhaal word totdat daar geen kolomme meer oor was nie. Gliewe is soms in koppelletters (ligature) saamgesmelt, waar 'n element van een glief deel van 'n tweede glief sou vervang. In plaas van in die standaardblok sou die Maja soms ook in 'n enkele ry skryf, of in 'n L- of T-vorm, na gelang van die oppervlak waarop geskryf is.
Die Majaskrif was 'n logosillabiese stelsel met sommige sillabogrammatiese elemente. Individuele gliewe of simbole kon óf 'n morfeem óf 'n lettergreep voorstel, en dieselfde glief is soms vir albei gebruik. Dit is hoekom logografiese lesings in hoofletters en fonetiese lesings kursief of vet aangegee word. Voorbeeld: 'n Sekere glief kan die morfeem of die lettergreep chi beteken.
Gliewe wat as sillabogramme gebruik is, was oorspronklik logogramme vir eenlettergrepige woorde, gewoonlik dié wat op ’n vokaal of op ’n swak konsonant soos y, w, h of op ’n glottisslag geëindig het. Voorbeeld: Die logogram vir "visvin" – wat in twee vorme voorkom, as ’n visvin en as ’n vis met opvallende vinne – is as [kah] gelees en het die sillabe ka begin verteenwoordig. Hierdie sillabiese gliewe het twee primêre funksies vervul: as fonetiese aanvullings om logogramme met meer as een lesing ondubbelsinnig te maak en om grammatikale elemente soos werkwoordvervoegings te skryf waarvoor daar nie toegewyde logogramme was nie. So kon bʼalam ("jaguar") geskryf word as ’n enkele logogram, ; as ’n logogram met sillabiese byvoegings, soos ba-, of -ma, of bʼa--ma; of heeltemal foneties met sillabogramme as bʼa-la-ma.
Daarbenewens was sommige sillabiese gliewe homofone, soos die ses verskillende gliewe wat gebruik is om die baie algemene derdepersoonvoornaamwoord u- te skryf.
Embleemglief links|thumb|Tikal-embleemglief, Stele 26 in Tikal se Litoteca-museum thumb|upright|'n Inskripsie in Majagliewe van die Naranjo-terrein. Dit hou verband met die bewind van koning Itzamnaaj Kʼawil, 784-810.
’n Embleemglief is ’n soort koninklike titel. Dit bestaan uit ’n pleknaam gevolg deur die woord ajaw, ’n Klassieke Majaterm vir “heer” met ’n onduidelike maar goed gedokumenteerde etimologie. Soms word die titel voorafgegaan deur die byvoeglike naamwoord kʼuhul (“heilig", "goddelik” of “gewyd”), wat lei tot die konstruksie “heilige [pleknaam]-heer”.
’n Embleemglief is egter glad nie ’n glief nie: Dit kan met enige aantal sillabiese of logografiese tekens gespel word, en verskeie alternatiewe spellings is vir die woorde kʼuhul en ajaw aangeteken, wat saam die stabiele kern van die titel vorm. “Embleemglief” weerspieël bloot die tyd toe Majanavorsers nie Klassieke Maja-inskripsies kon lees nie en ’n term gebruik het om veral spesifieke herhalende strukturele komponente van die geskrewe vertellings te isoleer.
Dié titel is in 1958 deur Heinrich Berlin geïdentifiseer, wat die term “embleemglief” geskep het. Berlin het opgemerk dat die embleemgliewe uit ’n groter hoofteken en twee kleiner tekens bestaan, wat nou as kʼuhul ajaw gelees word. Hy het ook opgemerk dat die kleiner elemente relatief konstant gebly het, maar die hoofteken van terrein tot terrein gewissel het. Berlin het voorgestel dat die hooftekens individuele stede, hulle heersende dinastieë of die gebiede wat hulle beheer het, geïdentifiseer het.
Die debat oor die aard van embleemgliewe het in ’n wending geneem. Die skrywers het aangetoon dat daar baie eienaamplekname is – sommige werklik, ander mitologies – wat in die hiëroglifiese inskripsies genoem word. Sommige van hierdie plekname verskyn ook in die embleemgliewe; sommige is in die “oorsprongstitels” (uitdrukkings soos "persoon van Lubaantun”) aangeteken; maar sommige is glad nie in persoonlike titels opgeneem nie. Verder het die skrywers gevalle uitgelig waar die oorsprongstitels en die embleemgliewe nie oorvleuel het nie. Houston het opgemerk dat die vestiging en verspreiding van die Tikal-oorsprongdinastie in die Petexbatún-streek gepaard gegaan het met die vermeerdering van heersers wat die Tikal-embleemglief gebruik het, wat politieke en dinastiese oorheersing bo die huidige setels van heerskappy geplaas het. Onlangse ondersoeke beklemtoon ook die gebruik van embleemgliewe as ’n identifiseerder om sosio-politieke selfidentiteit te vorm.
Nommers thumb|240px|links|Dié vier voorbeelde wys hoe Majagetalle bereken kan word. Die Maya het ’n posisionele getallestelsel met 20 syfers gebruik wat slegs heelgetalle ingesluit het. Vir eenvoudige telbewerkings is ’n strepie-en-punt-notasie gebruik. Die punt verteenwoordig 1 en die strepie 5. ’n Skulp is gebruik om nul voor te stel. Getalle van 6 tot 19 is gevorm deur strepies en punte te kombineer, en kon horisontaal of vertikaal geskryf word. thumb|500px|Lys van Majasyfersvan 0 tot 19, met onder twee vertikale voorbeelde.
Getalle groter as 19 is vertikaal geskryf en van onder na bo gelees as magte van 20. Die onderste getal verteenwoordig getalle van 0 tot 20, dus hoef die aangeduide simbool nie vermenigvuldig te word nie. Die tweede lyn van onder af verteenwoordig die aantal twintigs wat daar is, en daardie getal word dus met 20 vermenigvuldig. Die derde lyn van onder af verteenwoordig die aantal vierhonderds, en word dus met 400 vermenigvuldig; die vierde met 8 000; die vyfde met 160 000, ensovoorts. Elke opeenvolgende lyn is ’n verdere mag van twintig. Dié posisionele stelsel maak die berekening van groot getalle moontlik, wat noodsaaklik was vir chronologie en sterrekunde.Information panel in the Museo Regional de Antropología in Mérida (state of Yucatán), visited on 2010-08-04
Geskiedenis Daar is tot onlangs geglo die Maja het moontlik skryfwerk van die Olmeke of 'n ander beskawing oorgeneem. Muurskilderye wat egter in 2005 opgegrawe is, het die oorsprong van die Majaskrif met etlike eeue teruggeskuif, en dit lyk nou moontlik dat die Maya skryfwerk in Meso-Amerika uitgevind het. Die akademiese konsensus is dat die Maja die enigste volledige skryfstelsel in Meso-Amerika ontwikkel het, hoewel akademici onlangs aangetoon het dat ander Meso-Amerikaanse skryfstelsels ook volledig is.
Kennis van die Majaskryfstelsel het tot in die vroeë koloniale tydperk voortgeduur en na berig word, het ’n paar van die vroeë Spaanse priesters wat na Yucatán gegaan het, dit aangeleer. As deel van sy veldtog om heidense rituele uit te wis, het biskop Diego de Landa egter opdrag gegee dat geskrewe Majawerke bymekaargemaak en vernietig word, en ’n beduidende aantal Majakodekse is inderdaad verwoes. Later, in ’n poging om hulle moedertaal te gebruik om die Maja tot die Christendom te bekeer, het hy dit wat hy geglo het ’n Maja-“alfabet” is, die sogenaamde De Landa-alfabet, opgestel. Hoewel die Maja nie werklik alfabeties geskryf het nie, het hy ’n glossarium van Majaklanke en verwante simbole opgeteken wat lank as onsin afgemaak is (byvoorbeeld deur die vooraanstaande Majanis J. Eric S. Thompson in sy boek van 1950, Maya Hieroglyphic Writing). Tog het dit uiteindelik ’n sleutelbron geword in die ontsyfering van die Majaskrif. Die probleem was dat daar geen eenvoudige ooreenstemming tussen die twee stelsels was nie, en die name van die letters van die Spaanse alfabet het niks vir Landa se Majaskrywer beteken nie. Gevolglik het Landa uiteindelik dinge gevra soos: skryf “ha”: “hache–a”, en hy het ’n deel van die resultaat as “H” verklaar, wat in werklikheid as a-che-a in Majagliewe geskryf is.
thumb|250px|Diego de Landa se Maja-alfabet was ’n vroeë poging tot ontsyfering.
Baie jare lank was slegs bekend dat drie Majakodekse die veroweraars oorleef het; dit is uitgebrei met die verifikasie van die Grolierkodeks in 2015 as die vierde. Die meeste tekste wat behoue gebly het, word aangetref op erdewerk wat uit Majagrafte herwin is, of op monumente en steles wat op terreine opgerig is wat voor die aankoms van die Spanjaarde verlate of begrawe was.
Kennis van die skryfstelsel het waarskynlik teen die einde van die 16de eeu verlore gegaan. Hernude belangstelling daarin is aangevuur deur gepubliseerde verslae van verwoeste Majaterreine in die 19de eeu.
Ontsyfering thumb|250px|'n Monument vir Yuri Knorozov en sy kat, Asya, in Mérida, Yucatán.
Die ontsyfering van Majaskrif was ’n lang en moeilike proses. Ondersoekers van die 19de eeu en vroeë 20ste eeu het daarin geslaag om die MajagetalleConstantine Rafinesque (1832) "Philology. Second letter to Mr. Champollion on the graphic systems of America, and the glyphs of Otolum or Palenque, in Central America – Elements of the glyphs," Atlantic Journal and Friend of Knowledge, 1 (2): 40–44. [https://www.biodiversitylibrary.org/item/104571#page/50/mode/1up en gedeeltes van die tekste wat met sterrekunde en die Majakalender verband hou, te ontsyfer, maar begrip van die meeste van die res het geleerdes lank ontwyk.
In die 1930’s het Benjamin Whorf ’n aantal gepubliseerde en ongepubliseerde opstelle geskryf waarin hy voorgestel het dat fonetiese elemente in die skryfstelsel geïdentifiseer word. Alhoewel sommige besonderhede van sy ontsyferingsaansprake later as onkorrek bewys is, is die sentrale argument van sy werk – dat Majahiërogliewe foneties (of meer spesifiek, lettergrepig) is – later ondersteun deur die werk van Yuri Knorozov (1922-'99), wat ’n belangrike rol in die ontsyfering van die Majaskrif gespeel het.