Gerrit Schoonhoven (27 September 1958 – 20 Oktober 2020) was 'n Suid-Afrikaanse rolprentvervaardiger, regisseur en akteur. Hy was veral bekend as regisseur van die sepie Binnelanders.
Persoonlike lewe Schoonhoven is op 27 September 1958 gebore. In 1981 verwerf hy 'n honneursgraad in drama aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (P.U. vir C.H.O., vandag deel van die Noordwes-universiteit). In 1985 word hy aangestel as dosent aan dieselfde universiteit.
Hy sterf op 20 Oktober 2020 op 62-jarige ouderdom aan kanker.
Loopbaan In 1980, terwyl hy aan die P.U. vir C.H.O. gestudeer het, het hy verskyn in Rob Antonissen se Afrikaanse vertolking van Mariken van Nieumeghen. In 1982 het hy by die Transvaalse kunsteraad aangesluit en tot 1985 voortgegaan om in die teater op te tree in toneelstukke soos Die Vasvat van 'n Feeks en Die Keiser. In die 1980's het hy 'n regisseur by die ATKV Kampustoneel geword, waar hy die regie van We All Fall Down hanteer het. Hy het ook die beligting saam met Patrick Curtis ontwerp. In 1988 het hy die toneelstuk Piekniek geregisseer. Daarna het hy van 1986 tot 1987 by die teatergroep van die Uitvoerende Kunsteraad van die Oranje-Vrystaat (PACOFS) aangesluit. In 1987 het hy die Rosalie van der Gucht-prys vir Nuwe Regisseurs gewen. Later het hy die Fleur du Cap vir Beste Nuwe Regisseur gewen vir die regie van die krities bekroonde toneelstuk Somewhere on the Border.
In 1997 het hy in verskeie verhoogstukke opgetree, soos Anna van Wyk en Endgame. In 1999 het hy in die toneelstuk Antony and Cleopatra by die Grahamstadse kunstefees verskyn. Hierna het hy verskeie verhoogstukke geregisseer, soos; Onderhoud met 'n Bobbejaan en Hond se Gedagte in 1985, Somewhere on the Border vir die Grahamstadse kunstefees in 1986, Spooks in 1986, Beckett en Kinderspeletjies in 1987, en Huise Vol Uile en Diesel and Dust in 1989. In 1991 het hy die toneelstuk n Koffer in die Kas geregisseer en daarna die toneelstuk Sleeping with Alice in 1996. Later het hy die eenbedryf-verhoogstuk Trajek van Tralies geskryf.
In 2005 het hy die regisseur van kykNET se sepie Binnelanders geword, waar hy vir meer as 15 jaar voortgegaan het om te regisseer. In 2006 het hy die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-eretoekenning vir Afrikaanse televisie gewen. In die volgende jaar het hy die toekenning vir Beste Regisseur gewen vir die regie van die televisiereeks Orion. Hy was sedert 2014 deel van die beoordelaarspaneel vir die kykNET Rapport-boekprys onder die fiksie-afdeling. In 2016 het hy die film Twee Grade van Moord geregisseer wat op 22 Julie 2016 landwyd vrygestel is. In 2021 ontvang hy postuum die toekenning vir Beste Regisseur tydens die 15de jaarlikse Suid-Afrikaanse Film- en Televisietoekennings.
Filmografie
Jaar Rolprent Rol Genre Verw. 1984 Broer Matie Dirk Delport Rolprent 1987 Cul de sac Hardus Breytenbach TV-reeks 1991 Sweet 'n Short tweede assistent-regisseur Rolprent 1993 Arende III: Dorsland assistent-regisseur TV-reeks 1993 The Visual Bible: Matthew Peter Rolprent 1994 MMG Engineers Ingenieur tydens verhoor TV-reeks 1995 The Mangler Aaron Rodriguez Rolprent 1996 Meeulanders Regisseur TV-film 1996 Vierspel Regisseur TV-reeks 1997 Onder Draai die Duiwel Rond Nico Smit TV-reeks 1998 Isidingo Regisseur Sepie 2000 Soutmansland Regisseur TV-reeks 2004 Plek van die Vleisvreters Regisseur TV-reeks 2006 Orion Regisseur TV-reeks 2011 Hartland Regisseur TV-reeks 2013 Molly & Wors Klaas Anderson Rolprent 2014 Pandjieswinkelstories David Johnson TV-reeks 2014 Knysna Malmoer Rolprent 2014 Binnelanders Regisseur Sepie 2015 Melusine van Arcadia Regisseur Rolprent 2015 Schuks! Pay Back the Money! Savage Rolprent 2015 Melusine van Arcadia Opsigter Kortfilm 2016 Twee Grade van Moord Regisseur Rolprent 2018 Dominee Tienie Wollie Rolprent 2019 Droomman Stubs TV-film 2019 Vinnie + Olga Wilhelm (stem) Kortfilm
Verwysings
Eksterne skakels IMDb
Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Sterftes in 2020 Kategorie:Suid-Afrikaanse regisseurs Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Afrikaners