duimnael| Bach se outograafpartituur van die motet , BWV 225 Dit is onbekend hoeveel motette Johann Sebastian Bach gekomponeer het: Sommige is verlore en daar bestaan twyfel oor of sommige van die oorblywende motette wel aan hom toegeskryf kan word. Howel daar beslis 'n saak te maak is dat die ses motette wat as BWV 225–230 gekatalogiseer is, aan Bach toegeskryf kan word, bestaan daar tog twyfel oor een daarvan, Lobet den Herrn, alle Heiden. ’n Sewende motet, Ich lasse dich nicht, BWV Anh. 159, is voorheen aan Bach se ouer neef Johann Christoph Bach toegeskryf, maar dit blyk nou dat ten minste 'n gedeelte daarvan deur J.S. Bach gekomponeer is. Indien dit waar is, is dit waarskynlik gedurende sy Weimar-periode gekomponeer.
Fürchte dich nicht, BWV 228, is 'n ander motet wat blykbaar tussen 1708 en 1717 in Weimar gekomponeer is, terwyl die res in Leipzig gekomponeer is. Verskeie van die motette is vir begrafnisse geskryf. Daar heers onsekerheid of dié motette in normale kerkdienste gebruik sou word, want daar is bewyse dat dié genre reeds as argaïes beskou is. Die teks van Jauchzet dem Herrn, alle Welt, BWV Anh. 160 – of die stuk nou aan Bach toegeskryf kan word of nie – dui op 'n opvoering tydens Kersfees. 'n Ander moontlike gebruik is pedagogies van aard: Bach se biograaf Johann Nikolaus Forkel het voorgestel dat dié koorkomposisies nuttig sou wees het vir die opleiding van Bach se jong sangers; boonop het Christoph Wolff aangevoer dat dit veral op Singet dem Herrn ein neues Lied van toepassing sou kan wees.Wolff, C. 2001. Johann Sebastian Bach: The Learned Musician. W.W. Norton & Company, bl. 249.
Bach se motette is die enigste van sy vokale werke wat sonder onderbreking tussen sy dood in 1750 en die 19de-eeuse Bach-herlewing uitgevoer is.Spitta, P. 1899. Johann Sebastian Bach: His work and influence on the music of Germany, 1685–1750. London: Novello, bl. 611. In die vroeë 19de eeu het ses motette (BWV 225, 228, Anh. 159, 229, 227 en 226)Schicht, J.G. (red.). 1802. Joh. Seb. Bach's Motetten in Partitur. Vol. 1: BWV 225, 228 en BWV Anh. 159. Leipzig: Breitkopf und Härtel.Schicht, J.G. (red.). 1803. Joh. Seb. Bach's Motetten in Partitur. Vol. 2: BWV 229, 227 en 226. Leipzig: Breitkopf und Härtel. by . onder Bach se eerste gedrukte musiek getel, ná die tweede helfte van die 18de eeu toe Bach se vierstemmige korale die enigste vokale musiek van Bach was wat in gedrukte vorm beskikbaar was.Forkel, J.N. 1920. Johann Sebastian Bach: His life, art, and work.. Vertaal deur Charles Sanford Terry. New York: Harcourt, Brace and Howe, bl. xvii
BWV 225–230
Singet dem Herrn ein neues Lied (Afrikaans: Sing vir die Here 'n nuwe lied), BWV 225, is 'n motet in B-mol-majeur vir twee vierstemmige (SATB-)kore. Dit is vir die eerste keer om en by in 1727 in Leipzig uitgevoer. Die motet gebruik Psalm 149:1–3 as eerste beweging, die derde strofe "Nun lob, mein Seel, den Herren" ('n 1530-gesang gebaseer op Psalm 103 deurJohann Gramann) vir die tweede beweging, en Psalm 150:2 en 6 vir die derde beweging.Dürr, A. & Kobayashi, Y. (reds.) 1998. Bach Werke Verzeichnis: Kleine Ausgabe – Nach der von Wolfgang Schmieder vorgelegten 2. Ausgabe. Wiesbaden: Breitkopf & Härtel, bl. 228. Der Geist hilft unser Schwachheit auf (Afrikaans: Die Gees help ons in ons swakheid), BWV 226, is 'n motet in B-mol-majeur vir twee vierstemmige (SATB-)kore wat in 1729 tydens die begrafnis van Johann Heinrich Ernesti uitgevoer is. Die teks kom uit Romeine 8:26–27, en die derde strofe van Martin Luther se gesang "Komm, Heiliger Geiste, Herre Gott" (1524). Jesu, meine Freude (Afrikaans: Jesus, my vreugde), BWV 227, is 'n motet in E-mineur vir 'n vyfstemmige koor en soliste. Dit is al aan die hand gedoen dat dié motet in 1723 gekomponeer is vir die begrafnis van Johanna Maria Käsin, vrou van die Leipzig-posmeester. Die naam is ontleen aan die gesang "Jesu, meine Freude" deur Johann Franck, waarvan die teks uit ongeveer 1650 dateer. Fürchte dich nicht (Afrikaans: Moenie jouself kwel nie), BWV 228, is 'n motet in A-majeur vir 'n begrafnis, getoonset vir dubbelkoor en 'n ongespesifiseerde groep instrumente wat colla parte speel. Die werk bestaan uit twee dele, en die teks kom uit Jesaja en 'n gesang deur Paul Gerhardt. Tradisionele akademici glo dat Bach dié werk in 1726 in Leipzig gekomponeer het, maar weens stilistiese redes voer meer resente navorsing aan dat die werk tydens Bach se Wiemar-periode gekomponeer is. Dit is al voorheen vergelyk met 'n ander motot vir dubbelkoor, Ich lasse dich nicht, BWV Anh. 159, wat moontlik deur Bach gekomponeer is.Gardiner, J.E. S.d. Bach motets [.pdf]. Geargiveer van die oorspronklike op 4 Maart 2016. Geraadpleeg op 15 Mei 2025. Komm, Jesu, komm (Afrikaans: Kom, Jesus, kom), BWV 229, is 'n motet in G-mineur wat in Leipzig gekompneer is en in 1731/1732 vir die eerste keer uitgevoer is. Loben den Herrn, alle Heiden (Afrikaans: Prys die Here, alle heidene), BWV 230, is 'n motet in C-majeur vir vier stemme en met teks uit Psalm 117: 1 en 2. Hoewel sommige kenners hul twyfel uitgespreek of Bach wel die komponis daarvan is, word die werk oor die algemeen as 'n werk deur Bach beskou.
BWV 28/2a (231) en 118
Sei Lob und Preis mit Ehren (Afrikaans: Laat daar lof en prys met ere wees), BWV 231 (later hernommer as BWV 28/2a), is die tweede beweging van die motet Jauchzet dem Herrn alle Welt, wat as 'n aparte motet voorgehou word. Dis onbekend of Bach dié werk (wat op die tweede beweging van kantate BWV 28 gebaeer is) vanuit die driebewegingmotet of kantate onttrek het, en/of dit as 'n afsonderlike motet gebruik het.Melamed, D.R. 1995. J.S. Bach and the German motet. Cambridge University Press, bl. 89–97.Bach Digital Work 00036 by www.bachdigital.de.Boyd, M. 1999. Oxford composer companions: J.S. Bach. Oxford: Oxford University Press, bl. 245. O Jesu Christ, meins Lebens Licht, BWV 118, is oorspronklik as kantate gelys, maar is as BWV2a as 'n (begrafnis-)motet gelys.Sien Dürr & Kobayashi 1998, bl. 233.Bach Digital Work 00143 by www.bachdigital.de.
Parodieë
Der Gerechte kömmt um, BWV 1149, 'n koraal uit 'n pasticcio-Paasoratorium, is 'n parodie van die motet Tristis est anima mea wat waarskynlik deur Johann Kuhnau gekomponeer is. Die verwerking is moontlik Bach s'n, en dit is moontlik dat Bach dit as 'n aparte (begrafnis-)motet gebruik het.Bach Digital Work 01532 by www.bachdigital.de.Sien Melamed 1995, bl. 148–149.Instrumental and Supplement by bach333.com.
BWV Anh. 159–165
Ich lasse dich nicht (Afrikaans: Ek sal u nie laat gaan nie), BWV Anh. 159, is 'n motet in F-mineur vir dubbel-(SATB-)koor en ongespesifiseerde instrumente wat colla parte speel. Die motet, wat voorheen aan Bach se ouer neef Johann Christoph Bach toegeskryf is, blyk egter een van Bach se vroeë werke te wees, heel moontlik in 1712 tydens sy tyd in Wiemar gekomponeer. Die werk is dus geskuif van BWV Anh. III (onegte werke) na BWV Anh. II (twyfelagtige werke) in BWV2a.Sien Dürr & Kobayashi 1998, bl. 459. Die slotkoraal van die motet is 'n verwerking van BWV 421, maar dit is moontlik dat dit eers later tot die motet bygevoeg is.Bach Digital Work 01470 by www.bachdigital.de. Die teks is ontleen aan 'n vers uit die boek Genesis, toe Jakob by die Jabbokdrif met 'n engel gestoei het (Genesis 32:26), gekombineer met die derde strofe van die gesang "Warum betrübst du dich, mein Herz" deur Erasmus Alberus. Jauchzet dem Herrn alle Welt, BWV Anh. 160 (=TWV 8:10) is pasticcio-motet van drie bewegings vir dubbelkoor wat aan onder andere Bach en Georg Philipp Telemann toegeslryf word. Al wat seker is oor Bach se deelname aan die werk is dat die tweede beweging daarvan ooreenstem met die tweede beweging van Bach se kantate Gottlob! nun geht das Jahr zu Ende BWV 28.Bach Digital Work 01471 by www.bachdigital.de. 'n Beweging uit die motet Kündlich groß ist das gottselige Geheimnis, BWV Anh. 161, in D-majeur vir SATB, strykers (?) en continuo, deur Graun (heel moontlik Carl Heinrich Graun), gaan laudes A en B van Bach se Magnificat in Kersfeesmotet-pasticcio vooruit.Bach Digital Work 01472 by . Lob und Ehre und Weisheit und Dank, BWV Anh. 162, vir dubbel (SATB-)koor, deur Georg Gottfried Wagner.Georg Gottfried Wagner: Motet Lob und Ehre und Weisheit, BWV Anh 162 by .Bach Digital Work 01473 by . Merk auf, mein Herz, und sieh dorthin, BWV Anh. 163, vir dibbel (SATB-)koor, deur Johann Bernhard of Johann Ernst Bach.BR Bruxelles Ms. II 3902 Mus. by .Bach Digital Work 01744 at . Nun danket alle Gott, BWV Anh. 164, vir SSATB, deur Johann Christoph Altnickol, Bach se skoonseun.HLB Darmstadt, Mus. ms. 521/1 en HLB Darmstadt, Mus. ms. 521/2–6 by .Bach Digital Work 01475 by . Unser Wandel ist im Himmel, BWV Anh. 165, vir SATB, ná bewegings 2, 4 en 6 van die kantate Mein Odem ist schwach, BWV 222, by Johann Ernst Bach.HLB Darmstadt, Mus. ms. 528 by .Bach Digital Work 01746 by .
Motette wat in die tweede hoofstuk van die Bach-Werke-Verzeichnis (1998) gelys word +BWV2aDatumNaamToonaardBesettingBGADit is die nommer van die Bacg Gesellschaft-Ausgabe. Die nommer voor die dubbelpunt dui die volumenommer aan; die nommer ná die dubbelpunt die bladsy waarop die komposisie begin. NBADit is die nommer in die Neue Bach-Ausgabe. Die Romeinse nommer dui die genre aan (in dié geval III vir motette, korale en liedere), gevolg deur 'n solidus en 'n volumenommer in Arabiese syfers. Daarna volg 'n dubbelpunt en die bladsynommer, wat op die bladsy dui waarop die werk in die uitgawe begin.Bykomense inligtingBach Digital Work-bladsy2252.1726/1727 (moontlik Nuwejaar?)Motet Singet dem Herrn ein neues LiedB-mol-majeurDubbel SATB-koor (+ colla parte-instrumente?)39: 3III/1: 1Gebaseer op Z 8244 (/2); teks gebaseer op Ps. 149:1–3 (/1), deur Gramann, gebaseer op PS. 103 (/2), gebaseer op Ps 150:2, 6 (/3)Melamed, D.R. 1995. J.S. Bach and the German Motet. Cambridge: Cambridge University Press, bl. 102.002822262.20 Oktober 1729Motet Der Geist hilft under Schwachheit auf (vir die begrafnis van J.H. Ernesti)B-mol-majeurDubbel-SATB-koor Viool 1 en 2 Altviool Tello 2 hobos (taille)
Fagot39: 39, 143III/1: 37Gebaseer op Z 7445a (/2); teks gebaseer op Rom. 8:26–27 (/1), deur Luther (/2)00283226/2Koraaltoonsetting "Komm, Heiliger Geist, Herre Gott" (deel 3)B-mol-majeur G-majeurSATB-koor39: 57III/2.1: 18 III/2.2: 38Gebaseer op Z 7445a; teks deur Luther111822272.Ong. 1723–1735Motet Jesu, meine FreudeE-mineurSSATB-koor (+ colla parte-instrumente?)39: 59III/2.1: 75Gebaseer op Z 8032 (alle onewe bewegings); teks deur J. Franck (onewe bewegings), gebaseer op Rom. 8:1–2 en 9–11 (ewe bewegings)00284227/1 227/11Koraaltoonsetting "Jesu, meine Freude" (deel 1, 9)SATB-koor39:61III/2.1: 27 III/2.2: 156Gebaseer op Z 8032; teks deur J. Franck11200227/3Koraaltoonsetting "Jesu, meine Freude" (deel 2)SATB-koor39: 66III/2.1: 28Gebaseer op 8032; teks deur J. Franck11201227/7Koraaltoonsetting "Jesu, meine Freude" (deel 4)SATB-koor39: 75III/2.1: 22 III/2.2: 168Gebaseer op Z 8032; teks deur J. Franck112022282.Ong. 1715Motet Fürchte dich nichtA-majeurDubbel-SATB-koor (+ colla parte-instrumente?)39:85III/1: 105Gebaseer op Z 6461 (/2); teks gebaseer op Jes. 41:10 (/1), 43:1 (/2), deur Gerhardt (/2)002852292.Voor 1731–1732Motet Komm, Jesu, kommG-mineurDubbel-SATB-koor (+ colla parte-instrumente)39: 107III/1: 125Teks deur Thymich02862302.1723–1739?Motet Loben den Hernn, alle HeidenC-majeurSATB-koor Basso continuo (+ colla parte-instrumente?)39: 127III/1: 47Teks gebaseer op Ps. 1170287231 - - - - - - -Sien BWV 28/2a0228118.12.1736–1737Motet O Jesu Christi, meins Lebens Licht (begrafnis)B-mol-majeurSATB-koor 2 natuurhorings 2 kornette 3 trombone24: 185III/1: 136Teks deur Behm; sien BWV 118.200143118.22.1746–1747Motet O Jesu Christi, meins Lebens Licht (begrafnis)B-mol-majeurSATB-koor 2 hobos (taille) Basviool 2 natuurhorings Strykers Basso continuoNBG 17III/1: 171Teks deur Behm, gebaseer op BWV 118.111121
Publikasies