Temple Boys CPT is ’n Suid-Afrikaanse musiekgroep van Ravensmead, Kaapstad, bekend vir hul unieke kombinasie van Afrikaanse gqom en stedelike ritmes. Die groep bestaan uit vier lede Mr. Stifler, Mr. Gham, Mr. Werkhom en Mr. Areveerend.
In Junie 2025 het Temple Boys hul enkelsnit “My Man My Man” met Woza Carlito en Mr 2 Stepper bekendgestel, wat vinnig op sosiale media en by partytjies gewild geraak het.
Loopbaan Die lede van Temple Boys begin hul musiekloopbaan as vriende wat saam musiekgemaak het terwyl hulle by Ravensmead Hoërskool was. Hul styl kombineer tradisionele Kaapse klanke met moderne gqom-elemente. Hul repertoire sluit snitte in soos “Saggies”, “Pos Pos”, “General Gham”, en “Werkhom 2.0”.
Diskografie
Enkelsnitte + Lys van enkelsnitte Titel Besonderhede / jaar My Man My Man (featuring Woza Carlito & Mr 2 Stepper) 19 Junie 2025 Saggies (featuring Young King The Vocalist) 18 September 2022 Pos Pos (featuring Sleeks) 16 Desember 2022 General Gham 30 Oktober 2022 Werkhom 2.0 27 Mei 2022
EP’s / Projekte + Lys van EP’s / Projekte Titel Besonderhede The Goats EP, Vol. 2Vrygestel: 17 September 2022 Label: DistroKid
Erkenning en Invloed Dieen enkelsnit “My Man My Man” het vinnig op TikTok en sosiale media versprei en dra by tot hul groeiende aanhang. Die groep se unieke benadering tot Afrikaanse gqom maak hulle ’n opkomende stem in die Kaapse musiekscene.
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe