Die insulienindeks van 'n kossoort verteenwoordig hoeveel die voedsel die konsentrasie van insulien in die blood verhoog in die twee uur ná 'n ete. Dit is soortgelyk aan die glukemiese indeks (GI) en glukemiese lading (GL), maar in plaas van glukosevlakke word insulienvlakke gemeet. Die insulienindeks verteenwoordig ’n vergelyking van voedselporsies met gelyke algehele kilojoule-inhoud (1 000 kJ), terwyl GI ’n vergelyking verteenwoordig van porsies met gelyke verteerbare koolhidraatinhoud (gewoonlik 50 g), en die GL verteenwoordig porsies van ’n tipiese porsiegrootte vir verskeie voedselsoorte. Die insulienindeks kan nuttiger wees as óf die glukemiese indeks óf die glukemiese lading omdat sekere voedselsoorte (bv. maer vleis en proteïene) ’n insulienreaksie veroorsaak ten spyte daarvan dat daar geen koolhidraat teenwoordig is nie, en sommige voedselsoorte veroorsaak ’n buitengewone insulienreaksie relatief tot hul koolhidraatinhoud.
Holt et al. het daarop gewys dat die glukose- en insulientellings van die meeste voedselsoorte goed ooreenstem, maar hoëproteïenvoedsel en gebak wat ryk aan vet en verfynde koolhidrate is, “lok insulienreaksies uit wat buite verhouding hoër was as hulle glukemiese reaksies.” Hulle kom ook tot die gevolgtrekking dat insulienindekse nuttig kan wees vir dieetbestuur en die voorkoming van nie-insulienafhanklike diabetes mellitus en hiperlipidemie.
Lys
In die tabel hieronder toon glukemiese en insulientellings die toename in die bloedkonsentrasie van elk. Die insulienindeks is nie dieselfde as die glukemiese indeks (GI) nie; laasgenoemde is uitsluitlik geskoei op die verteerbare koolhidraatinhoud van voedsel en verteenwoordig ’n vergelyking van kossoorte in hoeveelhede met gelyke verteerbare koolhidraatinhoud (gewoonlik 50 g). Die insulienindeks vergelyk voedselsoorte in hoeveelhede met gelyke algehele kilojoule-inhoud (1 000 kJ). Insulienindekse word geskaal relatief tot witbrood, terwyl glukemiese indekstellings deesdae gewoonlik geskaal word met verwysing na suiwer glukose, alhoewel witbrood in die verlede ook ’n verwysingspunt vir GI-metings was. ’n Hoër versadigheidswaarde dui op ’n toename in versadigheid ná die eet van ’n porsie met gelyke algehele kilojoule-inhoud, geskaal relatief tot witbrood.
+ Gemiddelde glukose-, insulien- en versadigheidstellingsKosSoortGlukemiese tellingInsulientellingVersadigheidswaardeAll-BranOntbytkosPapOntbytkosMuesliOntbytkosSpecial KOntbytkosHoneysmacksOntbytkosSustainOntbytkosGraanvlokkiesOntbytkosGemiddelde:OntbytkosWitbroodKoolhidraatrykWit pastaKoolhidraatrykBruin pastaKoolhidraatrykGraanryke broodKoolhidraatrykBruin rysKoolhidraatrykSlaptjipsKoolhidraatrykWit rysKoolhidraatrykVolgraanbroodKoolhidraatrykAartappelsKoolhidraatrykGemiddelde:KoolhidraatrykEiersProteïenrykKaasProteïenrykBeesvleisProteïenrykLentils in tamatiesousProteïenrykVisProteïenrykBone in tamatiesousProteïenrykGemiddelde:ProteïenrykAppelsVrugteLemoeneVrugtePiesangsVrugteDruiweVrugteGemiddelde:VrugteGrondboontjiesVersnaperingSpringmieliesVersnaperingDroë tjipsVersnaperingRoomysVersnaperingLaevet-aarbeijogurtVersnaperingMars BarsVersnaperingJellielekkersVersnaperingGemiddelde:VersnaperingDoughnutsGebakCroissantsGebakKoekGebakKraakbeskuitjiesGebakKoekiesGebakGemiddelde:GebakGemiddelde:Gemiddelde67,333 ± 5,772,5 ± 6135,7Gemiddelde:ALLES68,8 ± 12,710572 ± 9,5136
Verwysings
Sien ook Glukemiese indeks Glukemiese lading
Skakels
Kategorie:Endokrinologie