Die Tierkloof Instituut (Tiger Kloof Educational Institute) by Vryburg is ‘n skool met ‘n besondere verlede.

Ligging Die skool is op ‘n terrein van 1200 ha, ‘n 1300 m bo seespieël, 12 km suid van Vryburg en aan die spoorlyn na Kimberley.

Skool Teenswoordig huisves die geboue ‘n skool met leerlinge van voorskools tot graad 12.

Geskiedenis ‘n Sendeling van die Londense Sendinggenootskap, W.C. Willoughby, het op 8 Maart 1904 die opvoedkundige inrigting vir die Tswanasprekende hier begin weens die sentrale ligging. ‘n Skool, koshuise en werkswinkels is mettertyd opgerig en onderwysers, vakmanne en dominees is opgelei. Die studente het self tussen 1925 en 1933 die kerk gebou. Opleiding is verskaf in messel-, hout- en leerwerk en die maak van klere. Waarskynlik is die bekendste oud-leerlinge Seretse Khama en Quett Masire. Na die aanvaarding van die Groepsgebiedewet en die Wet op Bantoe-onderwys van 1955 moes die inrigting in 1963 sluit. Die regering het die grond en geboue by die Sendinggenootskap gekoop en dit aan die NG Kerk beskikbaar gestel. Daarna was ‘n plaaslike boer die eienaar. In Oktober 1993 koop ‘n groep oud-studente met die steun van o.a. Anglo American-korporasie, De Beers en Nedcor die plek en kon die skool op 1 Oktober 1995 heropen.

Monument Die gebouekompleks is in 1998 tot gedenkwaardigheid verklaar.

Persoon William Charles Willoughby (*Redruth, Cornwall, 16 Maart 1857 - †Birmingham, 19 Junie 1938), was ‘n sendeling, onderwyser en kenner van die Tswana-volk.

Bibliogrfie Alexander, Marianne: Back on Trek. In: South African Country Life. Nr. 29, Januarie/Februarie 1998 https://www.theheritageportal.co.za/article/historic-tiger-kloof-hall-reborn https://www.tigerkloof.org/

Kategorie:Noordwes Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Skole in Noordwes