Die T20I-vrouewêreldbeker 2024 (Engels: 2024 Women’s T20 World Cup) is van 3 tot 20 Oktober 2024 in die Verenigde Arabiese Emirate beslis. Dit was die negende T20I-vrouewêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en die eerste in die Verenigde Arabiese Emirate. Die toernooi sou oorspronklik in Bangladesj met dieselfde datums aangebied word, maar weens politieke onrus in dié land is dit in Augustus 2024 verskuif, terwyl die Bengaalse Krieketraad as amptelike gasheer aangebly het. Ná die 2014-toernooi sou dit die tweede T20I-vrouewêreldbekertoernooi in Bangladesj gewees het, waarmee dit die eerste land sou geword het om twee keer as gasvroue op te tree. Dit was ná die T20I-wêreldbeker 2021 en die Kampioenetrofee 2025, wat saam met Pakistan aangebied is, die derde vername kriekettoernooi in die Verenigde Arabiese Emirate.
duimnael|links|Die T20I-vrouewêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2016, 2018, 2020 en 2023 het onveranderd gebly en tien nasionale vrouekrieketspanne het aan die T20I-vrouewêreldbeker 2024 deelgeneem: die sewe regstreekse kwalifiseerders (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die naasbeste span op die T20I-vroueranglys soos op 27 Februarie 2023 (Pakistan) en die wenners van die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2024 (Skotland en Sri Lanka). Skotland het vir die eerste keer vir ’n T20I-vrouewêreldbekertoernooi gekwalifiseer en die altesaam derde span van Europa geword wat vir dié toernooi kon kwalifiseer.
Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2024 is 23 wedstryde gespeel, waaronder 20 in die eerste rondte en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vyf spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna gekwalifiseer vir die halfeindrondte, waarvan die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het. Elke wedstryd het bestaan uit 20 boulbeurte per span. Die ses beste spanne van die T20I-vrouewêreldbeker 2024 het saam met die gasvroue van die 2026-toernooi regstreeks gekwalifiseer vir die volgende T20I-vrouewêreldbeker 2026 in Engeland. Dit was die laaste T20I-vrouewêreldbekertoernooi waaraan tien nasionale spanne deelgeneem het, nadat die aantal nasionale spanne vir die T20I-vrouewêreldbeker 2026 na twaalf verhoog is.
Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Nieu-Seeland het Wes-Indië geklop en Suid-Afrika vir die verdedigende kampioen Australië, waardeur twee spanne mekaar in die T20I-vrouewêreldbekereindstryd ontmoet het wat nog nie ’n titel ingepalm het nie. Dit was die eerste eindstryd tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika in enige krieket – beide mans en vroue. Daarbenewens het vir die eerste keer in die toernooigeskiedenis beide Australië en Engeland versuim om na die eindstryd deur te dring. Nieu-Seeland het Suid-Afrika in die eindstryd op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai met 32 lopies verslaan en sodoende sy eerste T20I-vrouewêreldbekertitel ingepalm. Saam met hul oorwinnings tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 was dit Nieu-Seeland se tweede internasionale vrouekriekettitel. Vir die Suid-Afrikaanse Proteas was dit ná die 2023-eindstryd hul tweede agtereenvolgende T20I-vrouewêreldbekereindstrydverskyning, asook hulle tweede T20I-wêreldbekereindstrydverskyning vir beide mans en vroue in dieselfde jaar, nadat die mansspan in die T20I-wêreldbeker 2024-eindstryd verskyn het. Doebai het ná die T20I-wêreldbeker 2021-eindstryd die tweede T20I-wêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – gehuisves en interessant genoeg het in albei eindstryde twee spanne mekaar ontmoet wat voorheen nog nie ’n T20I-wêreldbekertitel gewen het nie. Daarmee het Doebai die eerste stad in ’n assosiaatlid van die IKR geword wat twee vername krieketeindstryde gehuisves het.
Toewysing duimnael|Die destydse Bangladesjiese eerste minister Sjeikh Hasina saam met die T20I-vrouewêreldbeker 2024 se reëlingskomitee en krieketspelers tydens die presentasie van die T20I-vrouewêreldbekertrofee op 5 Mei 2024 in Dhaka, toe die T20I-vrouewêreldbeker 2024 nog in Bangladesj sou plaasvind Die Internasionale Krieketraad het in Julie 2022 Bangladesj as gasheer van die T20I-vrouewêreldbeker 2024 aangewys. Daarmee sou dié land die eerste geword het om twee keer T20I-vrouewêreldbekertoernooie aan te bied. Vroeg in Junie 2024 het in Bangladesj grootskaalse betogings teen die destydse Bangladesjiese regering onder die eerste minister Sjeikh Hasina uitgebreek, waarna soms as “Julierewolusie” verwys word, waartydens volgens skattings omtrent 1 000 mense dood is. Op 5 Augustus 2024 het Sjeikh Hasina na Indië gevlug en bedank, waarna die betogings tot ’n einde gekom het.
Twee weke later het die Internasionale Krieketraad die moontlikheid ondersoek om die T20I-vrouewêreldbeker 2024 weens die politieke onrus na Indië te verskuif, maar dié voorstel is verwerp en die Bengaalse Krieketraad het vir meer tyd gevra. Aanvanklik is daar oorweeg om die toernooi na die buurland Indië te verskuif, maar die Raad vir Beheer van Krieket in Indië het dit van die hand gewys en die moesonseisoen en veral die voorbereidings op die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 as redes aangevoer. Daarnaas is Sri Lanka en Zimbabwe as alternatiewe gasheerlande oorweeg, maar Sri Lanka is om soortgelyke weersomstandighede soos Indië uitgesluit. Zimbabwe het laas in 2003 die Krieketwêreldbeker saam met Suid-Afrika en Kenia gehuisves en is saam met Suid-Afrika en Namibië as medegasheer van die Krieketwêreldbeker 2027 aangewys. Op 20 Augustus 2024 het die Internasionale Krieketraad aangekondig dat die T20I-vrouewêreldbeker 2024 uiteindelik na die Verenigde Arabiese Emirate verskuif is met die Bengaalse beheerliggaam wat as amptelike gasheer aangebly het. Gevolglik was dit die eerste T20I-vrouewêreldbekertoernooi wat op ’n neutrale plek beslis is. Saam met die Kampioenetrofee 2025, wat saam met Pakistan aangebied is, was dit een van twee vername internasionale kriekettoernooie wat binne ses maande in die Verenigde Arabiese Emirate beslis is. Drie jaar voorheen het die Verenigde Arabiese Emirate saam met Oman die T20I-wêreldbeker 2021 vir mans aangebied, wat uit Indië verskuif is weens die Covid-19-pandemiesituasie in dié land. Daarmee was dit die tweede vername kriekettoernooi wat geheel en al deur ’n assosiaatlid van die IKR gehuisves is.
Deelnemers Kwalifisering In April 2022 het die Internasionale Krieketraad die kwalifiseringsproses vir die T20I-vrouewêreldbeker 2024 bekendgemaak, waarvolgens tien spanne aan dié toernooi deelgeneem het. Die gasvroue Bangladesj het saam met die ses beste spanne van die vorige 2023-toernooi regstreeks gekwalifiseer. Die oorblywende regstreekse kwalifiseringsplek is deur die naasbeste span, wat nog nie gekwalifiseer het nie, op die T20I-vroueranglys soos op 27 Februarie 2023 bespreek. Die twee oorblywende plekke is tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2024, waaraan die wenners van plaaslike kwalifiseringstoernooie deelgeneem het, beslis.
Die volgende tien spanne het vir die T20I-vrouewêreldbeker 2024 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Wes-Indië het as die ses beste spanne van die T20I-vrouewêreldbeker 2023 almal saam met die gasvroue Bangladesj regstreeks gekwalifiseer. Pakistan het as die naasbeste span op die T20I-vroueranglys teen 27 Februarie 2023 gekwalifiseer, terwyl Skotland en Sri Lanka tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2024 hulle plekke bespreek het. Skotland, wat Ierland geklop het, het vir die eerste keer aan ’n T20I-vrouewêreldbekertoernooi deelgeneem; dit was ook die enigste verandering in die lys deelnemende spanne teenoor die vorige 2023-toernooi. Die gasheer die Verenigde Arabiese Emirate het in die kwarteindstryd van die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2024 teen Sri Lanka vasgeval.
Kwalifiserende spanne duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2024-kwalifisering; altesaam 56 lande het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueSesde2023Eerste rondte (2014, 2016, 2018, 2020, 2023)RegstreeksNegende2023Kampioen (2010, 2012, 2014, 2018, 2020, 2023)Negende2023Kampioen (2009)Negende2023Naaswenner (2020)Negende2023Naaswenner (2009, 2010)Negende2023Naaswenner (2023)Negende2023Kampioen (2016)T20I-vroueranglys op27 Februarie 2023Negende2023Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2018, 2020, 2023)T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2024Eerste –DebuutNegende2023Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2018, 2020, 2023)
Stadions In Julie 2022 het die Bengaalse Krieketraad Dhaka en Sylhet as gasheerstede van die T20I-vrouewêreldbeker 2024 aangekondig. Die Sylhet Internasionale Krieketstadion sou die uitklopwedstryde huisves, terwyl al die ander wedstryde op die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion aangebied sou word. Volgens die Bengaalse beheerliggaam het albei stadions geen opknapping nodig gehad nie. Albei stadions is voorheen tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2014 gebruik. In Augustus 2024 het die Internasionale Krieketraad die toernooi na die Verenigde Arabiese Emirate verskuif weens politieke onrus in Bangladesj, hoewel die Bengaalse Krieketraad steeds as amptelike gasheer aangebly het. Die wedstryde is in die twee stede Doebai en Sharjah aangebied. Altesaam 23 wedstryde is tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2024 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd, waarvan twaalf op die Doebai Internasionale Krieketstadion en elf op die Sharjah-krieketstadion.
Doebai Sharjah Doebai Int’l Krieketstadion Sharjah-krieketstadion Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 27 000 200px 200px
Formaat Die T20I-vrouewêreldbeker 2024 is oor 18 dae tussen tien verskillende spanne oor 23 wedstryde beslis. Dit het op 3 Oktober 2024 op die Sharjah-krieketstadion in Sharjah met die openingswedstryd tussen die nominele gasheer Bangladesj en Skotland begin. Die toernooi het geëindig op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai op 20 Oktober met die eindstryd tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika, waartydens Nieu-Seeland die T20I-vrouewêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2016, 2018, 2020 en 2023 gebruik.
Kalender Die volgende tabel dui die T20I-vrouewêreldbeker 2024 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteOktoberDo3Vr4Sa5So6Ma7Di8Wo9Do10Vr11Sa12So13Ma14Di15Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 |Groep B | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1UitklopfaseOktoberWo16Do17Vr18Sa19So20Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep B
Eerste rondte