Die T20I-vrouewêreldbeker 2016 (Engels: 2016 Women’s T20 World Cup) is van 15 Maart tot 3 April 2016 in Indië beslis. Dit was die vyfde T20I-vrouewêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Vrouewêreldtwintig20 2016 (Engels: 2016 ICC Women’s World Twenty20; Hindi: 2016 आईसीसी महिला विश्व ट्वेंटी-20) genoem, maar sedert die 2020-toernooi staan dit as T20I-vrouewêreldbeker bekend. Die vrouetoernooi is gelyktydig met die manstoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions beslis. Ná die 2012-toernooi in Sri Lanka en die 2014-toernooi in Bangladesj was dit die derde agtereenvolgende T20I-vrouewêreldbekertoernooi in ’n Asiatiese land.
duimnael|links|Die T20I-vrouewêreldbekertrofee waarom meegeding is Tien nasionale vrouekrieketspanne het aan die T20I-vrouewêreldbeker 2016 deelgeneem: die agt regstreekse kwalifiseerders (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Bangladesj en Ierland).
Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2016 is 23 wedstryde gespeel, waaronder 20 in die eerste rondte en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vyf spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die uitklopfase gekwalifiseer.
Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Engeland geklop en Wes-Indië vir Nieu-Seeland, waardeur Australië en Wes-Indië mekaar in die eindstryd ontmoet het. Wes-Indië het die verdedigende kampioen Australië in die eindstryd op Eden Gardens in Kolkata met agt paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-vrouewêreldbekertitel ingepalm. Daarbenewens het Wes-Indië die eerste krieketland geword wat die T20I-wêreldbeker vir beide mans en vroue op dieselfde dag gewen het, nadat die mansspan onmiddellik ná die vrouespan Engeland geklop het. Beide die gasvroue Indië en Suid-Afrika is in die eerste rondte uitgeskakel.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Indië as gasvroue van die T20I-wêreldbeker 2016 aangewys. In Desember 2007 het die IKR ’n T20I-vrouewêreldbeker ingevoer wat gelyktydig met die manstoernooi aangebied sou word.
Deelnemers Die volgende tien spanne het vir die T20I-vrouewêreldbeker 2016 gekwalifiseer: Die agt beste spanne van die T20I-vrouewêreldbeker 2014 – Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië – het almal regstreeks gekwalifiseer. Bangladesj en Ierland het tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2015 gekwalifiseer. Dit was dieselfde tien spanne wat ook aan die vorige T20I-vrouewêreldbeker 2014 deelgeneem het.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2016-kwalifisering; altesaam 18 lande het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueVyfde2014Halfeindrondte (2009, 2010)RegstreeksVyfde2014Kampioen (2010, 2012, 2014)Vyfde2014Kampioen (2009)Vyfde2014Naaswenner (2009, 2010)Vyfde2014Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014)Vyfde2014Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014)Vyfde2014Halfeindrondte (2014)Vyfde2014Halfeindrondte (2010, 2012, 2014)T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2015Tweede2014Eerste rondte (2014)Tweede2014Eerste rondte (2014)
Stadions Op 21 Julie 2015 het die Raad vir Beheer van Krieket in Indië die agt gasheerstede van die T20I-vrouewêreldbeker 2016 aangekondig: Bangalore, Chennai, Dharamshala, Mohali, Mumbai, Nagpur en Nieu-Delhi, met die eindstryd wat op Kolkata se Eden Gardens beslis is. In teenstelling met die manstoernooi is ook wedstryde in Chennai aangebied.
Bangalore Kolkata Dharamshala M. Chinnaswamy-stadion Eden Gardens HPCA-stadion Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 66 349 Kapasiteit: 23 000 200px 200px 200px Mohali Mumbai Inderjit Singh Bindra Wankhedestadion Kapasiteit: 26 950 Kapasiteit: 32 000 200px 200px Nagpur Nieu-Delhi Chennai VCA-stadion Feroz Shah Kotla M. A. Chidambaram-stadion Kapasiteit: 45 000 Kapasiteit: 40 715 Kapasiteit: 38 000 200px 200px 200px
Formaat Die T20I-vrouewêreldbeker 2016 is oor 20 dae tussen tien verskillende spanne oor 23 wedstryde beslis. Dit het op 15 Maart 2016 op die M. Chinnaswamy-stadion in Bangalore met die openingswedstryd tussen Bangladesj en die gasvroue Indië begin. Die toernooi het geëindig op Eden Gardens in Kolkata op 3 April met die eindstryd tussen Australië en Wes-Indië, waartydens Wes-Indië die T20I-vrouewêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die T20I-vrouewêreldbeker 2016 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteMaartDi15Wo16Do17Vr18Sa19So20Ma21Di22Wo23Do24Vr25Sa26So27Ma28Groep A | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1Groep B | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2 |UitklopfaseMaart/AprilDi29Wo30Do31Vr1Sa2So3Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep B
Eerste rondte Die T20I-vrouewêreldbeker 2016 is deur tien nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die tien deelnemende spanne in twee groepe van vyf spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vier wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
2016-effek op 2018-kwalifisering Die sewe beste spanne van die 2016-toernooi (saam met die 2018-gasvroue Wes-Indië) het regstreeks vir die volgende T20I-vrouewêreldbeker 2018 gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika.
Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van 16 skeidsregters en ses wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.
Skeidsregters Anil Chaudhary (Indië) Kathy Cross (Nieu-Seeland) Aleem Dar (Pakistan) Simon Fry (Australië) Chris Gaffaney (Nieu-Seeland) Michael Gough (Engeland) Richard Illingworth (Engeland) Vineet Kulkarni (Indië) Nigel Llong (Engeland) Ranmore Martinesz (Sri Lanka) C. K. Nandan (Indië) Ruchira Palliyaguruge (Sri Lanka) Claire Polosak (Australië) S. Ravi (Indië) Chettithody Shamshuddin (Indië) Joel Wilson (Wes-Indië)
Wedstrydbeamptes David Boon (Australië) Chris Broad (Engeland) Javagal Srinath (Indië) Jeff Crowe (Nieu-Seeland) Ranjan Madugalle (Sri Lanka) Andy Pycroft (Zimbabwe)
Spanne Elke land het 15 spelers vir die toernooi gekies.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase én regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2018.Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2018.Gerelegeer na die T20I-vrouewêreldbeker 2018-kwalifisering. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste rondte en die uitklopfase.
Eerste rondte Tien spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die vier beste spanne van elke groep regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2018 gekwalifiseer het.
Groep A Span44008+2.43043106+0.61342204–0.24041302+0.17340400−2.817
Groep B Span44008+1.41743106+0.68842204−0.67341302+0.79040400−2.306
Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Eden Gardens in Kolkata ontmoet het.
Halfeindrondte
Eindstryd
T20I-vrouewêreldkampioen 2016
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die tien deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die T20I-vrouewêreldbeker 2016.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2016: RangSpanGroep+/– Finaliste 1 B 6 5 0 1 765 703 +62 10 — 2 A 6 4 0 2 705 696 +9 8 — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 A 5 4 0 1 629 539 +90 8 — 4 B 5 4 0 1 629 527 +102 8 — In die eerste rondte uitgeskakel 5 A 4 2 0 2 476 455 +21 4 –0.240 6 B 4 2 0 2 370 460 –90 4 –0.673 7 B 4 1 0 3 460 374 +86 2 +0.790 8 A 4 1 0 3 461 408 +53 2 +0.173 9 B 4 0 0 4 420 578 –158 0 –2.306 10 A 4 0 0 4 379 554 –175 0 –2.817
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Stafanie Taylor 246 2 Charlotte Edwards 202 3 Meg Lanning 201 4 Suzie Bates 183 5 Elyse Villani 171 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Leigh Kasperek 9 Sophie Devine Deandra Dottin 4 Stafanie Taylor 8 5 Suné Luus 7 Afy Fletcher Anam Amin Anya Shrubsole Harmanpreet Kaur Megan Schutt
Sien ook
T20I-wêreldbeker 2016
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf T20I-vrouewêreldbeker 2016 op ESPNcricinfo
Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Krieketkompetisies in Indië 2016 Kategorie:Sport in 2016