Die T20I-vrouewêreldbeker 2020 (Engels: 2020 Women’s T20 World Cup) is van 21 Februarie tot 8 Maart 2020 in Australië beslis. Dit was die sewende T20I-vrouewêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en die eerste in Australië. Dit was die eerste toernooi wat amptelik T20I-vrouewêreldbeker genoem is, met al die vorige toernooie waarna as Vrouewêreldtwintig20 verwys is.

duimnael|links|Die T20I-vrouewêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2016 en 2018 het onveranderd gebly en tien nasionale vrouekrieketspanne het aan die T20I-vrouewêreldbeker 2020 deelgeneem: die agt regstreekse kwalifiseerders (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Bangladesj en Thailand). Thailand het vir die eerste keer vir ’n T20I-vrouewêreldbekertoernooi gekwalifiseer en daarmee vir sy eerste vername internasionale kriekettoernooi – beide mans en vroue.

Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2020 is 23 wedstryde gespeel, waaronder 20 in die eerste rondte en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vyf spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die uitklopfase gekwalifiseer.

Australië, Engeland, Indië en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Suid-Afrika geklop en Indië het weens sy beter plek in die eerste rondte pleks van Engeland die eindstryd gehaal, nadat die eerste halfeindstryd weens reën afgelas moes word, waardeur vir die eerste keer Australië en Indië mekaar in die eindstryd ontmoet het. Die verdedigende kampioen Australië het Indië in die eindstryd op die Melbourne-krieketveld in Melbourne met 85 lopies verslaan en sodoende sy vyfde T20I-vrouewêreldbekertitel ingepalm.

Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Australië in November 2018 as gasvroue van die T20I-vrouewêreldbeker 2020 aangewys.

Deelnemers Die volgende tien spanne het vir die T20I-vrouewêreldbeker 2020 gekwalifiseer: Die agt beste spanne van die T20I-vrouewêreldbeker 2018 – Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië – het almal regstreeks gekwalifiseer. Bangladesj en Thailand het tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2019 gekwalifiseer. Thailand, wat Ierland vervang het, het vir die eerste keer aan ’n T20I-vrouewêreldbekertoernooi deelgeneem; dit was ook die enigste verandering in die lys deelnemende spanne teenoor die vorige 2018-toernooi.

duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2020-kwalifisering; altesaam 43 lande het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueSewende2018Kampioen (2010, 2012, 2014, 2018)RegstreeksSewende2018Kampioen (2009)Sewende2018Halfeindrondte (2009, 2010, 2018)Sewende2018Naaswenner (2009, 2010)Sewende2018Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2018)Sewende2018Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2018)Sewende2018Halfeindrondte (2014)Sewende2018Kampioen (2016)T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2019Vierde2018Eerste rondte (2014, 2016, 2018)Eerste –Debuut

Stadions In Januarie 2018 het die Internasionale Krieketraad die ses gasheerstede van die T20I-vrouewêreldbeker 2020 aangekondig. Die twee halfeindstryde is op die Sydney-krieketveld aangebied, terwyl die Melbourne-krieketveld die eindstryd gehuisves het.

Canberra Melbourne Manuka-ovaal Junction-ovaal Melbourne-krieketveld Kapasiteit: 13 550 Kapasiteit: 7 000 Kapasiteit: 100 024 200px 200px 200px Perth Sydney WACA-krieketveld Sydney Showground Stadium Sydney-krieketveld Kapasiteit: 24 500 Kapasiteit: 22 000 Kapasiteit: 48 000 200px 200px 200px

Formaat Die T20I-vrouewêreldbeker 2020 is oor 17 dae tussen tien verskillende spanne oor 23 wedstryde beslis. Dit het op 21 Februarie 2020 op die Sydney Showground Stadium in Sydney met die openingswedstryd tussen die gasvroue Australië en Indië begin. Die toernooi het geëindig op die Melbourne-krieketveld in Melbourne op 8 Maart met die eindstryd tussen Australië en Indië, waartydens Australië die T20I-vrouewêreldbekertrofee verdedig het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2016 en 2018 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die T20I-vrouewêreldbeker 2020 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteFebruarie/MaartVr21Sa22So23Ma24Di25Wo26Do27Vr28Sa29So1Ma2Di3Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseMaartWo4Do5Vr6Sa7So8Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Eerste rondte Die T20I-vrouewêreldbeker 2020 is deur tien nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die tien deelnemende spanne in twee groepe van vyf spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vier wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.

2020-effek op 2023-kwalifisering Die sewe beste spanne van die 2020-toernooi (saam met die 2023-gasvroue Suid-Afrika) het regstreeks vir die volgende T20I-vrouewêreldbeker 2023 gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië.

Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van twaalf skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.

Skeidsregters Lauren Agenbag (Suid-Afrika) Gregory Brathwaite (Wes-Indië) Chris Brown (Nieu-Seeland) Kim Cotton (Nieu-Seeland) Shaun George (Suid-Afrika) Nitin Menon (Indië) Claire Polosak (Australië) Ahsan Raza (Pakistan) Sue Redfern (Engeland) Langton Rusere (Zimbabwe) Alex Wharf (Engeland) Jacqueline Williams (Wes-Indië)

Wedstrydbeamptes Steve Bernard (Australië) Chris Broad (Engeland) G. S. Lakshmi (Indië)

Spanne Elke land het 15 spelers vir die toernooi gekies.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase én regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2023.Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2023.Gerelegeer na die T20I-vrouewêreldbeker 2022-kwalifisering. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste rondte en die uitklopfase.

Eerste rondte Tien spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die vier beste spanne van elke groep regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2023 gekwalifiseer het.

Groep A duimnael|Wedstryd tussen Sri Lanka en Nieu-Seeland op 22 Februarie 2020 Span44008+0.97943106+0.97142204+0.36441302–0.40440400−1.908

Groep B duimnael|Wedstryd tussen Engeland en Suid-Afrika op 23 Februarie 2020 Span43017+2.22643106+2.29141213–0.65441213–0.76140311−3.992

Uitklopfase duimnael|Die Melbourne-krieketveld tydens die eindstryd tussen Australië en Indië Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die Melbourne-krieketveld in Melbourne ontmoet het.

Halfeindrondte

Eindstryd

T20I-vrouewêreldkampioen 2020

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die tien deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die T20I-vrouewêreldbeker 2020.

duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2020: duimnael|Australië nadat hulle in 2020 as die T20I-vrouewêreldkampioen gekroon is RangSpanGroep+/– Finaliste 1 A 6 5 0 1 900 699 +201 10 — 2 A 6 5 0 1 622 666 –44 10 — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 B 5 4 1 0 547 458 +89 9 — 4 B 5 4 0 1 600 415 +185 8 — In die eerste rondte uitgeskakel 5 A 4 2 0 2 503 489 +14 4 +0.364 6 B 4 1 1 2 301 348 –47 3 –0.654 7 B 4 1 1 2 362 568 –206 3 –0.761 8 A 4 1 0 3 454 461 –7 2 –0.404 9 B 4 0 1 3 388 451 –63 1 –3.992 10 A 4 0 0 4 392 514 –122 0 –1.908

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Beth Mooney 259 2 Alyssa Healy 236 3 Natalie Sciver-Brunt 202 4 Heather Knight 193 5 Shafali Verma 163 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Megan Schutt 13 2 g Poonam Yadav 10 Jess Jonassen 4 Sophie Ecclestone 8 Anya Shrubsole

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf T20I-vrouewêreldbeker 2020 op ESPNcricinfo

Kategorie:Geskiedenis van Australië Kategorie:Krieketkompetisies in Australië 2020 Kategorie:Sport in 2020