Die T20I-vrouewêreldbeker 2023 (Engels: 2023 Women’s T20 World Cup) is van 10 tot 26 Februarie 2023 in Suid-Afrika beslis. Dit was die agtste T20I-vrouewêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en die eerste in Suid-Afrika.
duimnael|links|Die T20I-vrouewêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2016, 2018 en 2020 het onveranderd gebly en tien nasionale vrouekrieketspanne het aan die T20I-vrouewêreldbeker 2023 deelgeneem: die agt regstreekse kwalifiseerders (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Bangladesj en Ierland).
Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 is 23 wedstryde gespeel, waaronder 20 in die eerste rondte en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vyf spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die uitklopfase gekwalifiseer.
Australië, Engeland, Indië en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Indië geklop en Suid-Afrika vir Engeland, waardeur vir die eerste keer Australië en Suid-Afrika mekaar in die eindstryd ontmoet het. Die Suid-Afrikaanse Proteas het vir die eerste keer die eindstryd van ’n T20I-bekertoernooi – beide mans en vroue – gehaal, waarmee elke vasteland deur minstens een nasionale span in ’n eindstryd verteenwoordig is. Die verdedigende kampioen Australië het Suid-Afrika in die eindstryd op Nuweland in Kaapstad met 19 lopies verslaan en sodoende sy sesde T20I-vrouewêreldbekertitel ingepalm.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Suid-Afrika as gasvroue van die T20I-vrouewêreldbeker 2023 aangewys. Suid-Afrika het ook die heel eerste T20I-wêreldbeker 2007 vir mans aangebied.
Deelnemers Die volgende tien spanne het vir die T20I-vrouewêreldbeker 2023 gekwalifiseer: Die agt beste spanne van die T20I-vrouewêreldbeker 2020 – Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië – het almal regstreeks gekwalifiseer. Bangladesj en Ierland het tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2022 gekwalifiseer. Ierland het ’n terugkeer na die T20I-vrouewêreldbeker gemaak, nadat hulle die vorige 2020-toernooi misgeloop het; dit was ook die enigste verandering in die lys deelnemende spanne teenoor die vorige 2020-toernooi.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2023-kwalifisering; altesaam 44 lande het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueAgtste2020Halfeindrondte (2014, 2020)RegstreeksAgtste2020Kampioen (2010, 2012, 2014, 2018, 2020)Agtste2020Kampioen (2009)Agtste2020Naaswenner (2020)Agtste2020Naaswenner (2009, 2010)Agtste2020Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2018, 2020)Agtste2020Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2018, 2020)Agtste2020Kampioen (2016)T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2022Vyfde2020Eerste rondte (2014, 2016, 2018, 2020)Vierde2018Eerste rondte (2014, 2016, 2018)
Stadions In Augustus 2022 het die Internasionale Krieketraad die drie gasheerstede van die T20I-vrouewêreldbeker 2023 aangekondig: Nuweland, St. Georgespark en Bolandpark. Die uitklopfase is op Nuweland in Kaapstad beslis.
Kaapstad Gqeberha Paarl Nuweland St. Georgespark Bolandpark Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 19 000 Kapasiteit: 10 000 200px 200px 200px
Formaat Die T20I-vrouewêreldbeker 2023 is oor 16 dae tussen tien verskillende spanne oor 23 wedstryde beslis. Dit het op 10 Februarie 2023 op Nuweland in Kaapstad met die openingswedstryd tussen die gasvroue Suid-Afrika en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 26 Februarie met die eindstryd tussen Australië en Suid-Afrika, waartydens Australië die T20I-vrouewêreldbekertrofee verdedig het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2016, 2018 en 2020 gebruik.
Kalender Die volgende tabel dui die T20I-vrouewêreldbeker 2023 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteFebruarieVr10Sa11So12Ma13Di14Wo15Do16Vr17Sa18So19Ma20Di21Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1Groep B | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1UitklopfaseFebruarieWo22Do23Vr24Sa25So26Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep B
Eerste rondte Die T20I-vrouewêreldbeker 2023 is deur tien nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die tien deelnemende spanne in twee groepe van vyf spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vier wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
2023-effek op 2024-kwalifisering Die ses beste spanne van die 2023-toernooi (saam met die nominale 2024-gasvroue Bangladesj) het regstreeks vir die volgende T20I-vrouewêreldbeker 2024 gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Wes-Indië.
Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van tien skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.
Skeidsregters Lauren Agenbag (Suid-Afrika) Kim Cotton (Nieu-Seeland) Anna Harris (Engeland) Narayanan Janani (Indië) Nimali Perera (Sri Lanka) Claire Polosak (Australië) Vrinda Rathi (Indië) Sue Redfern (Engeland) Eloise Sheridan (Australië) Jacqueline Williams (Wes-Indië)
Wedstrydbeamptes Shandre Fritz (Suid-Afrika) G. S. Lakshmi (Indië) Michell Pereira (Sri Lanka)
Spanne Elke land het 15 spelers vir die toernooi gekies.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase én regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2024.Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2024.Gerelegeer na die T20I-vrouewêreldbeker 2024-kwalifisering. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste rondte en die uitklopfase.
Eerste rondte Tien spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die drie beste spanne van elke groep regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2024 gekwalifiseer het.
Groep A Span44008+2.14942204+0.73842204+0.13842204–1.46040400−1.529
Groep B Span44008+2.86043106+0.25342204–0.60141302–0.70340400−1.814
Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Nuweland in Kaapstad ontmoet het.
Halfeindrondte
Eindstryd
T20I-vrouewêreldkampioen 2023
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die tien deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die T20I-vrouewêreldbeker 2023.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2023: RangSpanGroep+/– Finaliste 1 A 6 6 0 0 850 723 +127 12 — 2 A 6 3 0 3 800 748 +52 6 — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 B 5 4 0 1 767 643 +124 8 — 4 B 5 3 0 2 732 644 +88 6 — In die eerste rondte uitgeskakel 5 A 4 2 0 2 494 483 +11 4 +0.138 6 B 4 2 0 2 509 507 +2 4 –0.601 7 A 4 2 0 2 430 527 –97 4 –1.460 8 B 4 1 0 3 526 575 –49 2 –0.703 9 A 4 0 0 4 464 546 –82 0 –1.529 10 B 4 0 0 4 391 567 –176 0 –1.814
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Laura Wolvaardt 230 2 Natalie Sciver-Brunt 216 3 Beth Mooney 206 4 Alyssa Healy 189 5 Tazmin Brits 186 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Sophie Ecclestone 11 2 Megan Schutt 10 Ashleigh Gardner 4 Marizanne Kapp 9 5 Shabnim Ismail 8 Lea Tahuhu
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf T20I-vrouewêreldbeker 2023 op ESPNcricinfo
Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kategorie:Krieketkompetisies in Suid-Afrika 2023 Kategorie:Sport in 2023