Die T20I-vrouewêreldbeker 2018 (Engels: 2018 Women’s T20 World Cup) is van 9 tot 24 November 2018 in Wes-Indië beslis. Dit was die sesde T20I-vrouewêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en ná die 2010-toernooi die tweede in Wes-Indië. Destyds is dié toernooi Vrouewêreldtwintig20 2018 (2018 ICC Women’s World Twenty20) genoem, maar sedert die 2020-toernooi staan dit as T20I-vrouewêreldbeker bekend.

duimnael|links|Die T20I-vrouewêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2016 het onveranderd gebly en tien nasionale vrouekrieketspanne het aan die T20I-vrouewêreldbeker 2018 deelgeneem: die agt regstreekse kwalifiseerders (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Bangladesj en Ierland).

Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2018 is 23 wedstryde gespeel, waaronder 20 in die eerste rondte en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vyf spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die uitklopfase gekwalifiseer.

Australië, Engeland, Indië en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Wes-Indië geklop en Engeland vir Indië, waardeur die twee vorige T20I-vrouewêreldkampioene Australië en Engeland mekaar vir die derde keer in die eindstryd ontmoet het. Australië het Engeland in die eindstryd op die Sir Vivian Richards-stadion in North Sound, Antigua en Barbuda, met agt paaltjies verslaan en sodoende sy vierde T20I-vrouewêreldbekertitel ingepalm. Suid-Afrika is in die eerste rondte uitgeskakel.

Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Wes-Indië in Junie 2013 as gasvroue van die T20I-vrouewêreldbeker 2018 aangewys.

Deelnemers Die volgende tien spanne het vir die T20I-vrouewêreldbeker 2018 gekwalifiseer: Die agt beste spanne van die T20I-vrouewêreldbeker 2016 – Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië – het almal regstreeks gekwalifiseer. Bangladesj en Ierland het tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2018 gekwalifiseer. Dit was dieselfde tien spanne wat ook aan die vorige twee T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2014 en 2016 deelgeneem het.

duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2018-kwalifisering; altesaam 22 lande het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueSesde2016Kampioen (2016)RegstreeksSesde2016Kampioen (2010, 2012, 2014)Sesde2016Kampioen (2009)Sesde2016Halfeindrondte (2009, 2010)Sesde2016Naaswenner (2009, 2010)Sesde2016Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014, 2016)Sesde2016Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014, 2016)Sesde2016Halfeindrondte (2014)T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2018Derde2016Eerste rondte (2014, 2016)Derde2016Eerste rondte (2014, 2016)

Stadions In Januarie 2018 het die Internasionale Krieketraad die drie gasheerstede van die T20I-vrouewêreldbeker 2018 aangekondig.

Georgetown, Gros Islet, North Sound, Providencestadion Beausejourstadion Sir Vivian Richards-stadion Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 10 000 200px 200px 200px

Formaat Die T20I-vrouewêreldbeker 2018 is oor 16 dae tussen tien verskillende spanne oor 23 wedstryde beslis. Dit het op 9 November 2018 op die Providencestadion in Georgetown, Guyana, met die openingswedstryd tussen Indië en Nieu-Seeland begin. Die toernooi het geëindig op die Sir Vivian Richards-stadion in North Sound, Antigua en Barbuda, op 24 November met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens Australië die T20I-vrouewêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2016 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die T20I-vrouewêreldbeker 2018 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteNovemberVr9Sa10So11Ma12Di13Wo14Do15Vr16Sa17So18Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2Groep B | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |UitklopfaseNovemberMa19Di20Wo21Do22Vr23Sa24Uitklopfase

| bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Eerste rondte Die T20I-vrouewêreldbeker 2018 is deur tien nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die tien deelnemende spanne in twee groepe van vyf spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vier wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.

2018-effek op 2020-kwalifisering Die sewe beste spanne van die 2018-toernooi (saam met die 2020-gasvroue Australië) het regstreeks vir die volgende T20I-vrouewêreldbeker 2020 gekwalifiseer. Hulle was Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië.

Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van twaalf skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.

Skeidsregters Gregory Brathwaite (Wes-Indië) Kim Cotton (Nieu-Seeland) Shaun George (Suid-Afrika) Wayne Knights (Nieu-Seeland) Nitin Menon (Indië) Sam Nogajski (Australië) Claire Polosak (Australië) Ahsan Raza (Pakistan) Sue Redfern (Engeland) Langton Rusere (Zimbabwe) Sharfuddoula (Bangladesj) Jacqueline Williams (Wes-Indië)

Wedstrydbeamptes David Boon (Australië) Chris Broad (Engeland) Javagal Srinath (Indië) Jeff Crowe (Nieu-Seeland) Ranjan Madugalle (Sri Lanka) Andy Pycroft (Zimbabwe)

Spanne Elke land het 15 spelers vir die toernooi gekies.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase én regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2020.Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2020.Gerelegeer na die T20I-vrouewêreldbeker 2020-kwalifisering. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste rondte en die uitklopfase.

Eerste rondte Tien spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die vier beste spanne van elke groep regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2020 gekwalifiseer het.

Groep A Span44008+2.24142115+1.31742204–0.27741213–1.17140400−1.989

Groep B Span44008+1.82743106+1.51542204+1.03141302–0.98740400−3.525

Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die Sir Vivian Richards-stadion in North Sound, Antigua en Barbuda, ontmoet het.

Halfeindrondte

Eindstryd

T20I-vrouewêreldkampioen 2018

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die tien deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die T20I-vrouewêreldbeker 2018.

duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2018: RangSpanGroep+/– Finaliste 1 B 6 5 0 1 779 669 +110 10 — 2 A 6 3 1 2 487 496 –9 7 — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 A 5 4 0 1 588 483 +105 8 — 4 B 5 4 0 1 755 621 +134 8 — In die eerste rondte uitgeskakel 5 B 4 2 0 2 505 516 –11 4 +1.031 6 A 4 2 0 2 372 372 ±0 4 –0.277 7 A 4 1 1 2 300 361 –61 3 –1.171 8 B 4 1 0 3 475 547 –72 2 –0.987 9 A 4 0 0 4 273 376 –103 0 –1.989 10 B 4 0 0 4 366 459 –93 0 –3.525

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Alyssa Healy 225 2 Harmanpreet Kaur 183 3 Smriti Mandhana 178 4 Suzie Bates 161 5 Javeria Khan 136 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Megan Schutt 10 Deandra Dottin Ashleigh Gardner 4 Ellyse Perry 9 5 Kirstie Gordon 8 Stafanie Taylor Radha Yadav Leigh Kasperek Poonam Yadav

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf T20I-vrouewêreldbeker 2018 op ESPNcricinfo

Kategorie:Krieket in Antigua en Barbuda Kategorie:Krieket in Guyana Kategorie:Krieket in St. Lucia Kategorie:Krieketkompetisies in Wes-Indië Kategorie:Sport in 2018 2018