Psoralea rotundifolia is 'n klein struik in die familie Fabaceae en is endemies aan die Wes-Kaap. Die spesie kom van Jonkershoek tot by die Kleinrivierberge voor en is deel van die fynbos. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2000 km². Die bevolking se getalle het met 30% afgeneem die afgelope 120 jaar weens die verlies van habitat aan die aanlê van wingerde en verbouing van sagtevrugte. Die oorblywende bevolking word bedreig deur indringerplante. Die plant blom van Julie tot April.
Bronnelys Biodiversityadvisor REDLIST Sanbi Plants of the World Online
rotundifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika