Psoralea thomii is 'n klein struik in die familie Fabaceae en is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos. Dit kom vanaf Kleinmond tot by Bredasdorpberge voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 91 km². Twee van die bevolkings bekend word bedreig deur die ontwikkeling van 'n gholfbaan, indringerplante en ontwikkeling aan die kus. Die spesie blom van Julie tot Oktober.
Galery
Bronnelys Biodiversityadvisor REDLIST Sanbi Plants of the World Online
thomii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika