Die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 (Engels: 2000 Women’s Cricket World Cup) is van 29 November tot 23 Desember 2000 in Nieu-Seeland beslis. Dit was die sewende vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die destydse Internasionale Vrouekrieketraad (IVKR) aangebied is en ná die 1982-toernooi die tweede in Nieu-Seeland. Die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 is deur die sportnuuswebwerf Cricinfo geborg en staan dus amptelik bekend as die Cricinfo Vrouekrieketwêreldbeker 2000.

Agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 deelgeneem: Australië, Engeland, Ierland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Sri Lanka en Suid-Afrika. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 is 31 wedstryde gespeel, waaronder 28 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in een groep geplaas, waarin elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het, dus het elke span sewe groepwedstryde gespeel. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Australië, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Suid-Afrika geklop en Nieu-Seeland vir Indië, waardeur vir die tweede agtereenvolgende keer Australië en Nieu-Seeland mekaar in die eindstryd ontmoet het. Die gasvroue Nieu-Seeland het die verdedigende kampioen Australië in die eindstryd op Bert Sutcliffe-ovaal in Lincoln met vier lopies verslaan en sodoende sy eerste vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm.

Deelnemers Daar is agt spanne uitgenooi om aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 deel te neem: Australië, Engeland, Ierland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Sri Lanka en Suid-Afrika.

duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 deelgeneem het. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueSewende1997Naaswenner (1993, 1997)UitgenooiSewende1997Kampioen (1978, 1982, 1988, 1997)Sewende1997Kampioen (1973, 1993)Vyfde1997Halfeindrondte (1997)Vierde1997Vierde plek (1988)Vierde1997Kwarteindrondte (1997)Tweede1997Kwarteindrondte (1997)Tweede1997Kwarteindrondte (1997)

Stadions Tydens die toernooi is vier Nieu-Seelandse stadions gebruik. Altesaam 31 wedstryde is tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 gespeel, waaronder die eindstryd. Die hele toernooi is in die twee stede Christchurch en Lincoln op die Nieu-Seelandse Suideiland aangebied.

Christchurch Hagley-ovaal Hagleypark Kapasiteit: 9 000 Kapasiteit: 9 000 200px 200px Lincoln Bert Sutcliffe-ovaal Lincoln Green Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend 200px 200px

Formaat Die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 is oor 25 dae tussen agt verskillende spanne oor 31 wedstryde beslis. Dit het op 29 November 2000 op Bert Sutcliffe-ovaal in Lincoln met die openingswedstryd tussen die gasvroue Nieu-Seeland en Australië begin. Die toernooi het geëindig op 23 Desember op dieselfde stadion met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Nieu-Seeland die Vrouekrieketwêreldbekertrofee gewen het.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseNovember/DesemberWo29Do30Vr1Sa2So3Ma4Di5Wo6Do7Vr8Sa9So10Ma11Di12Wo13Do14Vr15Sa16Groepfase | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseDesemberSo17Ma18Di19Wo20Do21Vr22Sa23Uitklopfase | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepfase Die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 is deur agt nasionale vrouekrieketspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Vrouekrieketraad genooi. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryde teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span sewe wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een punt vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo gerangskik. Die vier beste spanne het het na die halfeindrondte deurgedring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die groep het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring. Span7700+1.984147610+2.008127520+0.711107430–0.40387340+0.44067250–1.57247160–0.98327070–2.0980

Uitklopfase

Halfeindrondte

Eindstryd

Vrouekrieketwêreldkampioen 2000

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 2000.

duimnael|400px|Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 2000: RangSpanGroep Finaliste 1 – 9 8 0 1 1591 1133 +458 — 16 2 – 9 8 0 1 1594 1286 +308 — 16 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 – 8 5 0 3 1427 1222 +205 — 10 4 – 8 4 0 4 1133 1291 –158 — 8 In die groepfase uitgeskakel 5 – 7 3 0 4 1174 1083 +91 +0.440 6 6 – 7 2 0 5 798 1331 –533 –1.572 4 7 – 7 1 0 6 988 994 –6 –0.983 2 8 – 7 0 0 7 820 1185 –365 –2.098 0

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Karen Rolton 393 2 Lisa Keightley 375 3 Belinda Clark 351 4 Emily Drumm 339 5 Anna Smith 308 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Charmaine Mason 17 2 Clare Taylor 14 3 Avril Fahey 13 4 Katrina Keenan 12 5 Cathryn Fitzpatrick 11

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

2000 Women’s Cricket World Cup Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad

Kategorie:Geskiedenis van Nieu-Seeland Kategorie:Krieketkompetisies in Nieu-Seeland 2000 Kategorie:Sport in 2000