Psoralea sabulosa is 'n struik in die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan Wes-Kaap en kom van Hawston tot by Stilbaai voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 9000 km² en daar is agt bevolkings oor nadat groot gedeeltes van sy habitat gebruik word vir gewasverbouing. Die spesie word tans bedreig deur indringerplante en ontwikkeling aan die kus. Dit is deel van die fynbos.

Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityadvisor Plants of the World Online

sabulosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika