2MASS J11193254–1137466 A (dikwels verkort tot 2MASS J1119–1137 AB) is 'n dubbele voorwerp met 'n planetêre massa wat sowat 86 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Beker lê.
Elk van die twee komponente se massa is sowat 4 Jupitermassas. Hulle is moontlik deel van die TW Hydrae-assosiasie, wat sowat 10 miljoen jaar oud is, en is kandidaatweesplanete.
Oorsig Die voorwerp is ontdek deur 'n span sterrekundiges van Kanada, die VSA en Chili tydens 'n soektog na ongewone bruindwerge. Die data van drie opnames is gebruik: die Digitale Sloan-lugopname (sigbareligdata), 2MASS (naby-infrarooi) en die Wide-field Infrared Survey Explorer (WISE, middelgolfinfrarooi).
In November 2016 en Maart 2017 is deur die Keck II-ruimteteleskoop afgeneem en is ontdek dit is 'n dubbelvoorwerp. Hulle is rofweg ewe helder en die totale massa is geraam op 7,4 Jupitermassas. Hulle geraamde wentelperiode is 90 jaar.
Een van die komponente van die dubbelvoorwerp roteer vinnig; dit het 'n rotasieperiode van 3,02 uur, terwyl die tipiese rotasieperiode van 'n bruindwerg sowat 10 uur is.
Kadidaateksomaan In Augustus 2021 het navorsers oor tekens berig van 'n eksomaan van sowat 1,7 aardradiusse om een van die komponente. 'n Moontlike oorgang van die kandidaatmaan is op argiefdata van die Spitzer-ruimteteleskoop waargeneem.
In die studie is vasgestel die voorval is dalk deur wolke in die komponent se atmosfeer veroorssak, maar dat 'n eksomaan 'n beter verklaring vir die waargenome data is.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Bruindwerge Kategorie:Beker (sterrebeeld) Kategorie:Weesplanete