thumb|Foto's deur die James Webb-ruimteteleskoop wys die beweging van WISE 0855-0714, die koudste Y-dwerg.
'n Voorwerp van spektraaltipe Y (ook genoem 'n Y-dwerg) is óf 'n bruindwerg óf 'n vrybewegende planetêremassavoorwerp (weesplaneet). Hulle temperatuur is laer as sowat 500 kelvin (227 °C) en hulle is kouer as T-dwerge. Y-dwerge het 'n soortgelyke spektrum as Jupiter.
Vroeë teorieë en ontdekking In die vroeë 2000's was daar al teorieë dat voorwerpe onder T-dwerge moet bestaan wat die gaping sal oorbrug tussen T-dwerge en die reuseplanete van die Sonnestelsel. Voorwerpe kouer as T-dwerge sou hoofsaaklik infrarooi as termiese straling uitstraal en waarnemings en ontdekkings met infrarooiteleskope soos die Wide-field Infrared Survey Explorer (WISE), Spitzer- en James Webb-ruimteteleskoop is in die vooruitsig gestel. Volgens modelle van sulke koue voorwerpe sou hulle by sowat 400-500 K wolke van waterys hê. Onder sowat 160 K is wolke van ammoniak voorspel. Die vorming van dié wolke is vroeër geteoretiseer in Sudarsky se gasreusklassifikasie.
Nadat 'n paar kandidate in 2010 en 2011 voorgestel is, is 'n groter getal Y-dwerge met WISE ontdek en die spektraaltipe Y is gevestig, met UGPS 0722-05 as die T9-standaard en WISE 1738+2732 as die Y0-standaard. 'n Belangrike ontdekking was dié van WISE 0855-0714, wat steeds die koudste en naaste Y-dwerg is wat al ontdek is. Dit het 'n temperatuur van 285 K (12 °C) en is van die laagste spektraaltipe, Y4.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Bruindwerge Kategorie:Weesplanete