thumb|Die Hubble-ruimteteleskoop se foto van Gliese 229B.

'n Voorwerp van spektraaltipe T (ook genoem 'n T-dwerg of metaanbruindwerg) is óf 'n bruindwerg óf 'n vrybewegende planetêremassavoorwerp (weesplaneet). Hulle is kouer as L-dwerge, maar warmer as Y-dwerge.

Prototipe, Gliese 229B Die eerste T-dwerg wat ontdek is (in 1995) is Gliese 229B. Sy temperatuur is onder 1 000 kelvin en dit toon metaan (CH4), waterdamp (H2O) en koolstofmonoksied (CO) in sy spektrum. In die boonste atmosfeer word CO omskep in CH4 en H2O, terwyl die teenoorgestelde van die laer atmosfeer waar is.

In latere werk is bevind sy massa is 70 ± 5 Jupitermassas, wat baie meer is as wat modelle voorspel. Daar is vermoed Gliese 229B is 'n dubbelvoorwerp, wat sy groot massa sal verduidelik. Dit is in 2024 bevestig met instrumente aan die Baie Groot Teleskoop. Die twee komponente is sowat 16 keer verder van mekaar as die Maan van die Aarde en die wentelperiode is sowat 12,1 dae. Gliese 229Ba se massa is omtrent 38 Jupitermassas en Gliese 229Bb s'n sowat 34 Jupitermassas.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Bruindwerge Kategorie:Weesplanete