Die Katedraalgrot in een van die baie natuurskone valleie in die Golden Gate-hoogland- Nasionale Park is vir geoloë ‘n besonder interessante verskynsel.
Dit het ‘n koepelvormige dak waarvandaan water tot laat in die somer deur ‘n nou spleet oor ‘n 60 m hoë waterval na benede stort.
Die grot gesny uit soliede sandsteen is ‘n groot toeriste-aantreklikheid en bied skuiling aan kalkoenibisse, kransduiwe en ander voëlsoorte wat daar broei. Dit grot het ‘n eiesoortige ekosisteem. Rooiribbokke het al deur die gleuf in die dak na benede geval. Die karkasse van hierdie diere dien as belangrike proteïen vir die baie krappe en ander aasdiere wat in die poele in die grot voorkom.
Weens die unieke geaardheid van die grot word dit as voorkeur-beskermingsgebied in die park beskou. Toeriste word slegs in begeleide groepe toegelaat om dit te besoek.
Kategorie:Grotte van Suid-Afrika