'n Voorwerp van spektraaltipe L (ook genoem 'n L-dwerg) is óf 'n ster met 'n klein massa óf 'n bruindwerg óf 'n vrybewegende planetêremassavoorwerp (weesplaneet). Hulle is warmer as beide T-dwerge en Y-dwerge.
Spektrale eienskappe thumb|240px|Die spektrum van Kelu-1 ('n L-dwerg, onderste lyn) in verhouding met 'n M6-dwerg, wat baie sterker TiO- en natriumabsorpsie toon.
Voor 2MASS was daar slegs ses bekende voorwerpe met 'n spektraaltipe later as M9,5V. Met die ontdekking van 20 nuwe laattipe voorwerpe was dit nodig om die L-tipe en T-tipe spektraalklasse te definieer. Kirkpatrick et al. het dit in 1999 gedoen. In die L-dwerge word die metaliese oksiede (titanium(II)oksied, TiO) en vanadium(II)oksied, VO), wat in laat M-dwerge teenwoordig is, vervang met metaliese hidriede (bv. chroom(I)hidried, CrH) en ysterhidried (FeH) en neutrale alkalimetale (soos K, Rb en Cs). Die oorgang tussen L- en T-dwerge word gedefinieer deur die verskyning van metaan (CH4) in die spektrum. M-dwerge toon absorpsie as gevolg van waterdamp (H2O) in hulle naby-infrarooi spektrum. Hierdie absorpsiekenmerk raak sterker met latere L-spektraaltipes. Die absorpsie as gevolg van koolstofmonoksied (CO) toon min variasie oor spektraaltipes. CO word vervang deur CH4 in T-dwerge.
Aanvanklik is beraam dat die warmste L0-dwerge 'n temperatuur van ongeveer 2 000 kelvin (K) het en die koudste L8-dwerge 'n temperatuur van omtrent 1 500 K. Moderne beramings wissel van 'n maksimum van 2 500 K vir L0 tot 1 100 K vir L9. L-dwerge het 'n rooi, violet of pers kleur as gevolg van absorpsie van die natrium-D-lyn. Latere werk beskryf L-dwerge as violetkleurig.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Bruindwerge Kategorie:Weesplanete