Die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 (Engels: 1997 Women’s Cricket World Cup; Hindi: 1997 महिला क्रिकेट विश्व कप) is van 9 tot 29 Desember 1997 in Indië beslis. Dit was die sesde vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die destydse Internasionale Vrouekrieketraad (IVKR) aangebied is en ná die 1978-toernooi die tweede in Indië. Die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 is deur Indiese motorvervaardiger Hero Honda geborg en staan dus amptelik bekend as die Hero Honda Vrouekrieketwêreldbeker 1997.

Elf nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 deelgeneem: Australië, Denemarke, Engeland, Ierland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 is 33 wedstryde gespeel, waaronder 25 tydens die groepfase, en agt in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van ses en vyf spanne verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die vier beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Australië het Nieu-Seeland in die eindstryd op Eden Gardens in Kolkata met vyf paaltjies verslaan en sodoende ná 1978, 1982 en 1988 hul vierde vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm. Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die eerste keer aan ’n vrouekrieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.

Deelnemers Daar is elf spanne uitgenooi om aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 deel te neem: Australië, Denemarke, Engeland, Ierland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die eerste keer aan ’n vrouekrieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.

duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 deelgeneem het. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueVierde1993Groepfase (1978, 1982, 1993)UitgenooiSesde1993Kampioen (1978, 1982, 1988)Tweede1993Groepfase (1993)Sesde1993Kampioen (1973, 1993)Derde1993Vierde plek (1988)Derde1993Groepfase (1988, 1993)Sesde1993Naaswenner (1993)Eerste –DebuutEerste –DebuutEerste –DebuutTweede1993Groepfase (1993)

Stadions Die sesde vrouekrieketwêreldbeker is op 27 krieketstadions dwarsdeur die land gespeel. Altesaam 33 wedstryde is tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 gespeel, waarvan die meeste op ’n ander krieketstadion.

Kolkata Agra Delhi Mysore Secunderabad Eden Gardens Eklavya Sports-stadion Feroz Shah Kotla Gangotri Glades Gymkhana Ground Kapasiteit: 100 000 Kapasiteit: 5 000 Kapasiteit: 35 200 Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: onbekend 200px 200px 200px Delhi Vijayawada Nieu-Delhi Lucknow Harbax Singh-stadion Indira Gandhi-stadion Jamia Millia Islamia Universiteitsveld K. D. Singh Babu-stadion Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: 25 000 200px 200px Delhi Hyderabad Bengaluru Chennai Karnail Singh-stadion Lal Bahadur Shastri-stadion M. Chinnaswamy-stadion M. A. Chidambaram-stadion Kapasiteit: 5 000 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 38 200 200px 200px 200px Mumbai Patna Faridabad Ghaziabad Middle Income Group Club Ground Moin-ul-Haq-stadion Nahar Singh-stadion Mohan Meakins-krieketstadion Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 200 200px 200px Gurgaon Delhi Pune Mohali Nehru-stadion Jawaharlal Nehru-stadion Nehru-stadion I. S. Bindra-stadion Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 60 254 Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 27 000 200px 200px 200px Vadodara Chandigarh Nagpur Mumbai Reliance-stadion Sector 16-stadion Vidarbha-krieketverenigingveld Wankhedestadion Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 39 000 200px 200px 200px

Formaat Die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 is oor 21 dae tussen elf verskillende spanne oor 33 wedstryde beslis. Dit het op 9 Desember 1997 op Feroz Shah Kotla in Delhi met die openingswedstryd tussen die gasvroue Indië en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op 29 Desember op Eden Gardens in Kolkata met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Australië die Vrouekrieketwêreldbekertrofee gewen het.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op uitspeelwedstryde, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseDesemberDi9Wo10Do11Vr12Sa13So14Ma15Di16Wo17Do18Vr19Groep A | | bgcolor=#c364f3| 3 | | bgcolor=#c364f3| 3 | | bgcolor=#c364f3| 3 | | bgcolor=#c364f3| 3 | | bgcolor=#c364f3| 3 |Groep B | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | |UitklopfaseDesemberSa20So21Ma22Di23Wo24Do25Vr26Sa27So28Ma29Uitklopfase | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Groepfase Die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 is deur elf nasionale vrouekrieketspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Vrouekrieketraad genooi. Vir die groepfase is die elf deelnemende spanne in twee groepe van onderskeidelik vyf en ses spanne verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel. Ses punte is vir ’n oorwinning toegeken, drie punte vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo gerangskik. Die vier beste spanne van albei groepe het na die kwarteindrondte deurgedring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.

Wedstryde Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Elf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A Span54010+4.6162754100+2.5612453200+1.2191852210–0.5821551400–2.846650500−3.5770

Groep B Span43001+2.4552142011+1.1921841210–0.772941210–1.158940310–2.4253

Uitklopfase Uitspeelwedstryd om die negende plek

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Eindstryd

Vrouekrieketwêreldkampioen 1997

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al elf deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 1997.

duimnael|400px|Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 1997: RangSpanGroep Finaliste 1 A 8 7 1 0 1214 710 +504 – 39 2 A 7 5 1 1 1297 775 +522 – 33 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 A 7 5 0 2 1692 891 +801 – 30 4 B 6 3 2 1 681 544 +137 – 24 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 A 6 3 0 3 957 720 +237 – 18 6 A 6 2 1 3 433 780 –347 – 15 7 B 5 1 1 3 376 538 –162 – 9 8 B 5 1 1 3 347 558 –211 – 9 In die groepfase uitgeskakel 9 B 5 1 1 3 446 607 –161 – 9 10 A 6 1 0 5 392 1048 –656 – 6 11 A 5 0 0 5 407 970 –563 −3.577 0

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Debbie Hockley 456 2 Belinda Clark 445 3 Charlotte Edwards 365 4 Janette Brittin 292 5 Linda Olivier 224 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Katrina Keenan 13 2 Cathryn Fitzpatrick 12 3 Olivia Magno 11 Melissa Reynard 5 Purnima Rau 10

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

1997 Women’s Cricket World Cup Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad

Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Krieketkompetisies in Indië 1997 Kategorie:Sport in 1997