Liefste Madelein is 'n 84 minuut lange Afrikaanse drama wat in 1976 vrygestel is. Die film is deur Franz Marx geregisseer met 'n draaiboek ook deur Franz Marx, vervaardig deur Brigadiers Filmproduksies en versprei deur Kinekor.

Sinopsis

Die verhaal handel oor 'n man se moeilike keuse tussen sy eggenote en 'n nuwe liefde. Die trauma van siekte bring hom uiteindelik tot 'n finale besluit tussen sy vrou en sy "Liefste Madelein".

Rolverdeling

Die rolverdeling is Wilna Snyman, Barry Trengrove, Harriet Pienaar, Lieb Bester, Wena Naudé, Sann de Lange, Louwrens Snyman, Chris du Toit, Leonore Veeneman, Dana Niehaus, André Verster, Woutrine Theron, Zuna Viljoen, Trudie Taljaard, Jaco van der Merwe, en Heidi Menzel.

Verwysings