Die Vlindervanger is 'n 94 minuut lange Afrikaanse riller wat in 1976 vrygestel is. Die film is deur Franz Marx geregisseer met 'n draaiboek gebaseer op die verhaal, Die Vlindervangers, deur Marlene le Roux. Die draaiboekverwerking is deur Franz Marx. Die film is vervaardig deur Brigadier Filmproduksies en versprei deur Primedia/Nu Metro.

Sinopsis

Die Vlindervanger vertel die verhaal van Ester (Marié du Toit), 'n aantreklike weduwee, en haar 16-jarige dogter, Marina (Annelize du Toit). Hulle gaan vakansie hou by 'n stil oord. Wat 'n heerlike, sorgvrye vakansie beloof het om te wees, verander skielik in 'n nagmerrie wanneer die lyk van een van die vakansiegangers (Crystal Cooper) by 'n waterval gevind word.

Rolverdeling

Die rolverdeling is Marié du Toit (as Ester), Annelize du Toit (as Marina), Crystal Cooper, Chris du Toit, Klaas van Wyk de Vries, Siegfried Mynhardt, Wena Naudé, Monica Breedt, Magda Beukes, Franz Marx, Madel Venter, en Barry Trengove.

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente