'n Beeld vir Jeannie is 'n Afrikaanse drama wat in 1976 vrygestel is.

Die film is deur Elmo de Witt geregisseer, vervaardig deur Elmo de Witt Films en versprei deur Rand Films.

Sinopsis

Die verhaal sentreer om 'n beeldhouer (Hans Strydom) wat die opdrag ontvang om 'n beeld te skep ter ere van die vroue en kinders wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog in 'n konsentrasiekamp naby die fiktiewe Hoffmansdal gesterf het. Hy gebruik Jeannie (Elize Lizamore), 'n negentienjarige meisie met 'n buite-egtelike kind, as model.

As gevolg hiervan word sy deur die gemeenskap as onkuis beskou, en sommige mense, soos Gerhard Schlebusch (Willie van Rensburg), noem haar 'n "slet". Die sentrale vraag wat nou ontstaan, is of 'n beeld wat gemodelleer is op 'n "gevalle meisie" aanvaarbaar sal wees vir die gemeenskap al dan nie.

Rolverdeling

Die rolverdeling is: Hans Strydom, Elize Lizamore, Willie van Rensburg, Don Leonard, Magda Beukes, en Jan Bruijns.

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente