Vergeet my nie is 'n 93 minuut lange Afrikaanse musiekrolprent wat in 1975 vrygestel is. Die film is deur Elmo de Witt geregisseer met 'n draaiboek deur Jan Scholtz, vervaardig deur Elmo de Witt Films en versprei deur Kinekor/Nu Metro.

Sinopsis

Hierdie verhaal fokus op die verhouding tussen twee jongmense uit uiteenlopende agtergronde. Dolf Preller (Hans Strydom) word weer tot die universiteit toegelaat nadat hy op parool vrygelaat is ná twee jaar gevangenisstraf vir moord. Sy pad kruis met twee senior studente wat net op skelmstreke ingestel is, asook met Wilma de Villiers (Alice Krige), die liberaaldenkende rektorsdogter. Die vraag is of hy uit die moeilikheid en uit die tronk sal kan bly.

Rolverdeling

Die rolverdeling is Hans Strydom (as Dolf Preller), Alice Krige (as Welma de Villiers), Hen Wybenga (as Briersie), Matt Hurter (as Schoeman), Cornelus Esterhuyse, Abri le Roux, Francois Stemmet, Frank Zietsman, Leonie Ross, George Ballot, en Steve du Toit. Sangers: Rudi Netz en Aneen Leeuwner.

Verwysings