Dingetjie en Idi is 'n 79 minuut lange Afrikaanse komedie wat in 1977 vrygestel is. Die film is deur Dirk de Villiers geregisseer met 'n draaiboek deur Pieter-Dirk Uys, vervaardig deur Meyder Films/Mimosa Films en versprei deur C-Films/Ster-Kinekor.

Sinopsis

Die verhaal fokus op Blommetjie (Trix Pienaar) se ontmoeting met Dingetjie (Dawie Malan) en sy broer, waarna die drie die speurderagentskap Dingeskor stig.

Rolverdeling

Die rolverdeling is Louw Verwey (Daan), Elias Moloi (Idi), Dawie Malan, Tobie Cronjé (Klot), Trix Pienaar, Pieter-Dirk Uys (Die spioen), ‘Halfpad’ die Kameel, Mary Dreyer (Miss Purvey), Rika Sennet, Christine Basson, Nerina Ferreira, Bill Curry, Chris Galloway, Pieter Geldenhuis, en Anna Cloete.

Verwysings