'n Seder val in Waterkloof is 'n Afrikaanse klug wat in 1978 vrygestel is.
Die film is deur Franz Marx geregisseer met die draaiboek deur P.G. du Plessis, vervaardig deur Tommie Meyer en versprei deur Rand Films.
Sinopsis Die verhaal fokus op diverse karakters binne een familie en hul vriende. Dit sentreer rondom 'n professor in Pretoria se Waterkloof, sy ondeunde dogtertjie, sy akademiese kollegas, en sy familie uit 'n voorstedelike huis in Krugersdorp wat onverwags by hom kom kuier.
Rolverdeling
Die rolverdeling is: Magda Beukes (as Poppie), Wilna Snyman (as Sally), Tarina Klein (as Vredelief), Woutrine Theron (as Mercie), Paul Malherbe (as Professor van Vuuren) en Don Leonard (as Van).
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse rolprente