Iemand soos jy is 'n 81 minuut lange Afrikaanse liefdesdrama wat in 1978 vrygestel is. Die film is deur Elmo de Witt geregisseer met 'n draaiboek deur P.F. Erasmus, vervaardig deur Mimosa Films (Elmo de Witt) / Rand Films en versprei deur Mimosa Films/Rand Films/Ster-Kinekor.
Sinopsis
Iemand soos jy vertel die verhaal van Katrien (Janet du Plessis), wat in die tronk beland weens die moord op haar vriend, Willem (Danny Keogh). André (Hans Strydom), 'n vriend van Katrien, werk vir Erika (Milla Louw), die eienaar van 'n suksesvolle onderneming. Erika doen alles in haar vermoë om te verseker dat haar dogter, Roelien (Anneline Kriel), 'n ernstige verhouding met André aanknoop. André tree as Katrien se prokureur in die moordsaak op, en sy word vrygespreek. Ná die hofsaak skei hul paaie egter, en Katrien besluit om 'n nuwe lewe saam met haar seun, Willempie, te begin. Vyf jaar later ontmoet hulle mekaar weer by die begrafnis van André se ma.
Rolverdeling
Die rolverdeling is Anneline Kriel (as Roelien), Hans Strydom (as André), Janet du Plessis (as Katrien), Don Leonard, Milla Louw (as Erika), Danny Keogh (as Willem), Lourens Odendaal, Jan Bruyns, Isabel Pienaar, Leonora Nel, Johan Brewis, Schalk Theron, Dan Morkel, en Hettie Troskie.
Verwysings