Die eensame vlug is 'n 94 minuut lange Afrikaanse drama wat in 1978 vrygestel is. Die film is deur Jan Scholtz geregisseer met 'n draaiboek ook deur Jan Scholtz, vervaardig deur Brigadiers Rolprentproduksies (Jan Scholtz, André Scholtz) en versprei deur Ster-Kinekor/Scholtz Films/Nu Metro.
Sinopsis
Die eensame vlug is 'n liefdesverhaal wat by 'n universiteit afspeel. Die verhouding tussen Walter Kellerman (Regardt van den Bergh) en Julie (Karin Scholtz) strand nadat 'n vertrouensverhouding tussen Julie en haar dosent, dr. Simon Kellerman (Hans Strydom), ontwikkel.
Rolverdeling
Die rolverdeling is Hans Strydom (as dr. Simon Kellerman), Regardt van den Bergh (as Walter Kellerman), Karin Scholtz (as Julie Boshoff), Elma Potgieter (as Zelda), Trix Pienaar (as Mev. Kellerman), Carel Trichardt (as Prof. Kellerman), Alex Heyns (as Dominee), Zack du Plessis (as Ghoofy), Dawid van der Walt (as Dr. Koen), Naomi van Niekerk (as Mev. Boshoff), Francois de Bruyn (as Boshoff), Annette Barnard (as Mev. Koen), Klaas de Boer, en Allen Dyssel.
Verwysings