Charlie word 'n ster is 'n 88 minuut lange Afrikaanse aksiedrama wat in 1979 vrygestel is. Die film is deur Dirk de Villiers geregisseer met 'n draaiboek ook deur Dirk de Villiers, vervaardig deur Tommie Meyer Films en versprei deur Rand Films/Ster-Kinekor.

Sinopsis

Die verhaal volg 'n verpleegster wat 'n verhouding het met 'n vragmotorbestuurder genaamd Charlie. Hy kry die geleentheid om in 'n rolprent op te tree en sodoende beroemd te word.

Rolverdeling

Die rolverdeling is Johan Liebenberg (Charlie), André Hattingh, Jannie Gildenhuys, en Lynn Maree.

Verwysings