Die rebel is 'n 106 minuut lange Afrikaanse aksiedrama wat in 1976 vrygestel is. Die film is deur Daan Retief geregisseer met 'n draaiboek gebaseer op Cor Nortjé se spanningsverhaal, Sending vir ‘n Voortvlugtige. Die draaiboekverwerking is deur Daan Retief. Die film is vervaardig deur Constantia Films (Bill Troskie) en versprei deur Mimosa Films/Ster-Kinekor.
Sinopsis
In hierdie verhaal word Fritz Derksen teen sy wil 'n held. Sy avontuur begin wanneer hy vir militêre opleiding opgeroep word. Hy is anti-establishment en onwillig om die opleiding te voltooi, aangesien hy 'n afkeer het van oorlog. Danksy sy bevoegdheid en prestasies in verskeie areas word hy vinnig opgemerk en aanbeveel vir spesiale opleiding in militêre inligting. As gevolg van 'n sameloop van omstandighede word hy egter oneervol uit die weermag ontslaan en beland hy in die tronk. Kolonel Dreyer bied hom dan 'n keuse: bly in die tronk, of werk saam met die veiligheidsmagte.
Rolverdeling
Die rolverdeling is Will Roberts (as Fritz Derksen), Jan Bruyns (as kolonel Dreyer), Richard Daneel, Tani de Lange, Wena Naudé, Roelf Jacobs, Arno Kotze, Nigel Vermaas, Wilna Snyman, Doreen Lamb, Gabby Getz, Lieb Bester, Alewyn Lee, Steve du Toit, Pagel Kruger, Dawid van der Walt, en Willie Steyn.
Verwysings