SGR 1900+14 is 'n sagtegammaherhaler (SGR) in die sterrebeeld Arend en is sowat 20 000 ligjare van die Aarde af geleë. Dit is waarskynlik 'n voorbeeld van 'n neutronster met 'n intense magneetveld bekend as 'n magnetar. Dit het vermoedelik ná 'n redelik onlangse supernova gevorm.

Geskiedenis 'n Intense gammaflits van dié steroorblyfsel af is op 27 Augustus 1998 waargeneem; kort daarna het 'n nuwe radiobron in dié streeks van die lug verskyn.NRAO, New Evidence of Particle Injection by a Magnetar Ondanks die groot afstand van die SGR van die Aarde af (sowat 20 000 ligjare) het die flits 'n groot uitwerking op die aardatmosfeer gehad. Die atome in die ionosfeer, wat gewoonlik deur die Son se straling gedurende die dag geïoniseer word en snags weer neutraal word, is snags geïoniseer tot vlakke wat nie veel laer as die normale dagvlak was nie. Die Rossi X-Ray Timing Explorer, ’n X-straalsatelliet, het tydens die voorval sy sterkste sein van die uitbarsting af ontvang, selfs al was dit op ’n ander deel van die hemelruim gerig en sou dit normaalweg teen die straling beskerm gewees het.

Nasa se Spitzer-ruimteteleskoop het in 2005 en 2007 'n geheimsinnige ring om SGR 1900+14 waargeneem by twee infrarooifrekwensies. Die teleskoop se foto van 2007 het ná twee jaar geen merkbare verandering in die ring getoon nie. Die ring is sowat sewe ligjare breed. Die oorsprong daarvan is tans onbekend en is die onderwerp van 'n artikel in die uitgawe van 29 Mei 2008 van die tydskrif Nature.Newswise: CSI: Milky Way Team Works Scene of Dead Star

Verwysings

Skakels

Kategorie:Magnetars Kategorie:Arend (sterrebeeld)