280px|thumb|'n Sterkaart van die hele suidelike naglug, gesentreer om die hemelsuidpool.
Die suidelike naglug of suidelike hemelruim is die suidelike helfte van die hemelbol, dus suid van die hemelewenaar. Dié arbitrêre sfeer, waarop oënskynlik vaste sterre sterrebeelde vorm, lyk of dit weswaarts roteer om 'n poolas terwyl die Aarde draai.
Die hele suidelike naglug is te alle tye van die geografiese Suidpool af sigbaar. Hoe meer noordwaarts die waarnemer hom bevind, hoe minder van die suidelike naglug kan hy sien. Die noordelike eweknie is die noordelike naglug.
Sterrekunde In die konteks van sterrekundige besprekings of lugkartering, kan ook eenvoudig daarna verwys word as die Suidelike Halfrond.
thumb|240px|'n Kaart van die suidelike sterrebeelde van 'n deklinasie van -40° tot by die hemelsuidpool deur die Jesuïtiese sendeling François Noël wat in Acta Eruditorum gepubliseer is, 1711.
Van die Suidpool af kan 2 000 vaste sterre maklik met die blote oog gesien word, na gelang van sigtoestande. In groot stede is 300 tot 500 sterre sigbaar na gelang van lig- en lugbesoedeling
Die helderste ster in die naglug is in die suidelike naglug geleë en is groter as die Son. Sirius, in die sterrebeeld Groot Hond, het die helderste skynbare magnitude van -1,46; sy radius is twee keer dié van die Son en dit is 8,6 ligjare van hier af. Canopus en die volgende vaste ster, α Centauri, wat 4,2 ligjare van hier af lê, is ook in die suidelike naglug. Hulle is na naby aan die hemelsuidpool om byvoorbeeld van Sentraal-Europa af gesien te word.David Ellyard, Wil Tirion: The Southern Sky Guide. Cambridge Univ. Press, Cambridge 2009,
Van die 88 amptelike sterrebeelde kan 45 net in die Suidelike Halfrond gesien word, met 15 ander wat aan die ewenaar lê en dele in die noordelike halfrond het. Die suidelike sterrebeelde is:
Lugpomp Paradysvoël Waterdraer Arend Altaar Graveerstif Groot Hond Klein Hond Steenbok Kiel Sentour Walvis Kameleon Passer Duif Suidelike Kroon Kraai Beker Suiderkruis Swaardvis Eridanus Oond Kraanvoël Horlosie Noordelike Waterslang Suidelike Waterslang Indiër Leeu Haas Weegskaal Wolf Tafel Eenhoring Mikroskoop Vlieg Winkelhaak Oktant Slangdraer Jagter Pou Feniks Skilder Visse Suidelike Vis Agterdek Kompas Net Boogskutter Skerpioen Beeldhouer Skild Slang Sekstant Bul Teleskoop Suidelike Driehoek Toekan Seile Maagd Vlieënde Vis
Geskiedenis Die eerste teleskopiese kaart van die suidelike hemelruim is deur die Engelse sterrekundige Edmond Halley saamgestel, van die eiland Sint Helena in die suidelike Atlantiese Oseaan Hy het dit in 1678 gepubliseer.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hemelmeganika