Lebeckia gracilis is 'n klein struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap vanaf Bredasdorp tot by Gqeberha voor. Die spesie se getalle het met 70% die afgelope 120 jaar gedaal weens ontwikkeling aan die kus, landbou, aanplant van plantasies en indringerplante; 73% van die bevolkings het verdwyn. Met 'n voorkomsgebied van 4000 km² is daar nog net tussen twee en vyf bevolkings bekend wat steeds bedreig word.
Die plant is deel van die fynbos.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
gracilis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika