Lebeckia meyeriana is 'n meerjarige plant wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap op die Kaapse Skiereiland voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 570 km² en daar is reeds 22 van die 36 bekende bevolkings vernietig weens stedelike ontwikkeling oor die afgelope 120 jaar. Die spesie is 'n langlewende herspruiter met 'n generasie leeftydperk van 50-80 jaar, dus het die bevolking afname in minder as drie generasies gebeur.
Die plant is deel van die fynbos en groei op hellings van 80-600 m.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
meyeriana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika