Lebeckia plukenetiana is 'n struik wat deel van die Fabaceae-familie is. Die spesie is endemies tot die Wes-Kaap en word vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Darling en Worcester aangetref. Die spesie was eens volop in die Swartland en langs die bolope van die Breederivier. Daar was 19 tot 24 bevolkings bekend, maar 75% van die spesie se habitat het oor die afgelope 150 jaar weens stedelike ontwikkeling en landbou-aktiwiteite soos die verbouing van koring en sagtevrugte en die aanplant van wingerde verlore gegaan.

Die plant is deel van die fynbos en renosterveld.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

plukenetiana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika