280px|thumb|'n Sterkaart van die hele noordelike naglug, gesentreer om die hemelnoordpool. Die noordelike naglug of noordelike hemelruim is die noordelike helfte van die hemelbol, dus noord van die hemelewenaar. Dié arbitrêre sfeer, waarop oënskynlik vaste sterre sterrebeelde vorm, lyk of dit weswaarts roteer om 'n poolas terwyl die Aarde draai.
Die hele noordelike naglug is te alle tye van die geografiese Noordpool af sigbaar. Hoe meer suidwaarts die waarnemer hom bevind, hoe minder van die noordelike naglug kan hy sien. Die suidelike eweknie is die suidelike naglug.
Sterrekunde thumb|240px|'n Kaart van die noordelike sterrebeelde deur Albrecht Dürer.
In die konteks van sterrekundige besprekings of lugkartering, kan ook eenvoudig daarna verwys word as die Noordelike Halfrond.
Van die 88 amptelike sterrebeelde kan 28 net in die Noordelike Halfrond gesien word, met 14 ander wat gedeeltelik in die Suidelike Halfrond lê. 'n Deel van Eridanus lê in die Noordelike Halfrond. Die noordelike sterrebeelde is:
Andromeda Waterdraer Arend Ram Koetsier Veewagter Kameelperd Kreef Jaghonde Klein Hond Kassiopeia Kefeus Walvis Berenike se Hare Noordelike Kroon Swaan Dolfyn Draak Vul Eridanus Tweeling Hercules Noordelike Waterslang Akkedis Leeu Klein Leeu Rooikat Lier Eenhoring Slangdraer Jagter Vlieënde Perd Perseus Visse Pyl Slang Sekstant Bul Driehoek Groot Beer Klein Beer Maagd Vos
Sterre Die poolster van die noordelike naglug is Polaris, die helderste ster in die Klein Beer. Die helderste ster in die noordelike naglug is Arcturus, wat die vierde helderste ster in die hele lugruim is. Kort op sy hakke is Vega.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hemelmeganika