Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouekrieketspan, met die bynaam Proteas, is die nasionale vrouekrieketspan wat Suid-Afrika in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Krieket Suid-Afrika (KSA) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Die Proteas is na die koningsprotea, die nasionale blom van Suid-Afrika, genoem. Krieket is een van Suid-Afrika se nasionale sportsoorte en die Proteas behoort tot dié land se vernaamste nasionale spanne.
In 1960 het Suid-Afrika in sy eerste toetswedstryd teen Engeland gespeel, maar nadat ’n onverbiddelike weerstand teen Suid-Afrika se apartheidsbeleid ontstaan het, is ’n internasionale verbanning uit internasionale krieket aangekondig, nadat ander internasionale beheerliggame Suid-Afrika ook uitgesluit het. Vervolgens het Suid-Afrika nie aan die eerste vier vrouekrieketwêreldbekertoernooie (in 1973, 1978, 1982 en 1988) deelgeneem nie.
Die uitsluiting uit internasionale krieket was tot in 1991 in werking en sedert hul hertoelating vertoon die span sterk, maar het tot dusver minder sukses tydens internasionale toernooie behaal. Al is Suid-Afrika telkens een van die gunstelingspanne om beide die vrouekrieketwêreldbeker en die T20I-vrouewêreldbeker te verower, het dié eer hulle nog nie te beurt geval nie. Hul beste prestasie tot dusver is die eindstryd, wat die Proteas tydens een vrouekrieketwêreldbekertoernooi gehaal het (in 2025) en twee T20I-vrouewêreldbekertoernooie (in 2023 en 2024). Suid-Afrika is tans (Julie 2026) vierde op die IKR-vroue-eendagranglys en vyfde op die Twintig20-vrouewêreldranglys.
Beheerliggaam
Van die 1880’s af is krieket in Suid-Afrika deur beheerliggame bestuur en van die 1890’s af was daar aparte beheerliggame vir elkeen van die Suid-Afrikaanse bevolkingsgroepe. Op 15 Junie 1909 het Suid-Afrika saam met Australië en Engeland die Imperiale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) gestig. Die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika het in Junie 1991 met die samesmelting van die in 1976 gestigte Suid-Afrikaanse Krieketunie en die Suid-Afrikaanse Krieketraad ontstaan, waardeur die etniese verdeling in Suid-Afrikaanse krieket beëindig is. Krieket Suid-Afrika (KSA) is in 2002 gestig en het tot in 2008 langs die in 1991 gestigte Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika (VKR) bestaan. Van 2002 tot 2008 was die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika verantwoordelik vir amateurkrieket, terwyl Krieket Suid-Afrika toesig gehou het oor professionele krieket; in 2008 het die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika saamgesmelt met Krieket Suid-Afrika. Sedertdien is dit die beheerliggaam van krieket in Suid-Afrika en toesighouer van die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspanne. Reeds in 1991 het Suid-Afrika weer ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword en Suid-Afrika mag dus toetskrieket speel. Daarbenewens was die Suid-Afrikaanse beheerliggaam in 1997 ’n stigtingslid van die Afrikakrieketvereniging.
Krieket Suid-Afrika bestuur al die Suid-Afrika-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is KSA verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Suid-Afrikaanse span.
Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Suid-Afrika oor ’n o. 19-nasionale span wat aan die o. 19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.
Geskiedenis Oorsprong Vrouekrieket in Suid-Afrika dateer terug na die laat 19de eeu. Destyds is die eerste klubs in Port Elizabeth en Pietersburg gestig. Die meeste van hierdie klubs het egter slegs kortstondig bestaan. In die 1930’s is daar weer probeer om vrouekrieket in Suid-Afrika te vestig, maar dit het eers ná die Tweede Wêreldoorlog geslaag, nadat vrouekrieket vanuit sy vesting in die Kaapprovinsie na die ander provinsies versprei het. Die eerste internasionale wedstryd is tydens die 1960/61-seisoen beslis, toe Engeland Suid-Afrika besoek het. In Desember 1960 het die Suid-Afrikaners in hul eerste toetswedstryd in Port Elizabeth gespeel. Hulle het die reeks met 0–1 verloor. Ná die toer het Suid-Afrika se internasionale betrekkinge vanweë sy apartheidsbeleid versleg. As gevolg van die affêre rondom Basil D'Oliveira het internasionale spanne geweier om aan sporttoernooie in Suid-Afrika deel te neem. Gevolglik is die 1968-reeks teen Engeland afgelas en tydens die 1971/72-seisoen is die laaste reeks teen Nieu-Seeland beslis, wat die Suid-Afrikaners ook met 0–1 verloor het.
Terugkeer na internasionale vlak duimnael|links|Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouekrieketspan in 2009 Terwyl in manskrieket rebelletoere na Suid-Afrika onderneem is om die isolasie te omseil, het vrouekrieket gesukkel. Ook nadat die skorsing in 1991 gelig is, het dit tot in 1997 geneem dat Suid-Afrika weer ’n internasionale wedstryd gespeel het, toe hulle na Ierland en Engeland vertrek het. Terwyl die span sy reeks teen Ierland met 3–0 gewen en sy EDI-buiging gemaak het, is hulle deur Engeland met 2–1 geklop. Daarna het die Suid-Afrikaners aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 deelgeneem, waar hulle in die kwarteindstryd teen Indië vasgeval het. Daarna is die span in sy EDI-reekse in Australië, Nieu-Seeland en Engeland verslaan. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 het hulle die halfeindrondte gehaal, maar hulle is deur Australië geklop. Tydens die 2001/02-seisoen het die span sy reeks teen Indië gewen, waarna hulle drie agtereenvolgende reekse teen Engeland verloor het. Die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 is in Suid-Afrika beslis, maar die gasvroue het slegs een oorwinning oor Wes-Indië aangeteken en is uitgeskakel. Gedurende somer 2007 het die Proteas sy eerste toetsoorwinning oor Nederland aangeteken. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 is die span sonder ’n oorwinning in die groepfase uitgeskakel.
Tydens die eerste drie T20I-vrouewêreldbekertoernooie (in 2009, 2010 en 2012) is die Suid-Afrikaners telkens in die groepfase uitgeskakel, terwyl die span se prestasies onder die kaptein Mignon du Preez verbeter het. So het hulle tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2014 die halfeindrondte gehaal, waar hulle deur Engeland geklop is. Onder Dane van Niekerk het die Proteas ook tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 weer die halfeindrondte gehaal en weer teen Engeland vasgeval. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2020 is hulle in die halfeindrondte deur Australië geklop. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 het hulle ook daarin geslaag, maar hulle is deur Engeland verslaan. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 het die Proteas in die halfeindrondte Engeland geklop en vir die eerste keer ’n wêreldbekereindstryd gehaal. Die span het egter teen Australië verloor. Suid-Afrika het tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2024 in die Verenigde Arabiese Emirate sy tweede agtereenvolgende eindstryd gehaal, maar hulle is deur Nieu-Seeland geklop. Die Proteas het tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 vir die eerste keer ’n krieketwêreldbekereindstryd gehaal – beide mans en vroue – maar met 52 lopies teen die medegasvroue Indië vasgeval. Die span het by die T20I-vrouewêreldbeker 2026 na die halfeindstryd deurgedring, waar hulle deur die gasvroue Engeland egter met 40 lopies geklop is.
Spelers Spelerstatistieke Daar het altesaam 71 spelers toets-, 97 spelers EDI- en 65 spelers T20I-wedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Suid-Afrikaanse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.
Lopies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Marizanne Kapp 2014–hede 4 395 Laura Wolvaardt 2016–hede 128 5 695 Laura Wolvaardt 2016–hede 104 2 898 Suné Luus 2022–hede 4 299 Mignon du Preez 2007–2022 154 3 760 Tazmin Brits 2018–hede 84 2 143 Jennifer Gove 1960–1972 7 256 Marizanne Kapp 2009–hede 162 3 511 Dane van Niekerk 2009–hede 94 1 962 Laura Wolvaardt 2022–hede 4 255 Lizelle Lee 2013–2022 100 3 315 Lizelle Lee 2013–2021 82 1 896 Eileen Hurly 1960–1961 4 240 Suné Luus 2012–hede 151 3 141 Suné Luus 2012–hede 146 1 872 Korrek teen: 3 Julie 2026 Korrek teen: 3 Julie 2026 Korrek teen: 3 Julie 2026
Paaltjies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Lorna Ward 1960–1972 7 27 Shabnim Ismail 2007–2022 127 191 Shabnim Ismail 2007–hede 119 131 Nonkululeko Mlaba 2022–hede 4 13 Marizanne Kapp 2009–hede 162 181 Marizanne Kapp 2009–hede 126 101 Gloria Williamson 1972–1972 3 12 Ayabonga Khaka 2012–hede 121 151 Ayabonga Khaka 2012–hede 89 81 Sunette Loubser 2007–2014 2 11 Dane van Niekerk 2009–2025 110 138 Nonkululeko Mlaba 2019–hede 83 79 Jennifer Gove 1960–1972 7 9 Suné Luus 2012–hede 151 128 Dané van Niekerk 2009–hede 94 65 Korrek teen: 3 Julie 2026 Korrek teen: 3 Julie 2026 Korrek teen: 3 Julie 2026
Spankapteins Tot op hede was agt spelers reeds die kaptein vir Suid-Afrika tydens ’n toetswedstryd, 14 tydens ’n EDI en elf tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.
Toets EDI T20I No. Naam Tydperk Naam Tydperk Naam Tydperk 1 Sheelagh Nefdt 1960–1961 Kim Price 1997–2000 Cri-Zelda Brits 2007–2010 2 Maureen Payne 1972 Linda Olivier 1999 Sunette Loubser 2009 3 Cindy Eksteen 2002 Cindy Eksteen 1999–2002 Alicia Smith 2009 4 Alison Hodgkinson 2003 Alison Hodgkinson 2003–2005 Mignon du Preez 2011–2016 5 Cri-Zelda Brits 2007 Cri-Zelda Brits 2007–2011 Dane van Niekerk 2014–2021 6 Mignon du Preez 2014 Sunette Loubser 2009 Dinesha Devnarain 2016 7 Suné Luus 2022 Alicia Smith 2009 Chloe Tryon 2018–2024 8 Laura Wolvaardt 2024–hede Mignon du Preez 2011–2016 Suné Luus 2019–2023 9 Dinesha Devnarain 2016 Laura Wolvaardt 2023–hede 10 Dane van Niekerk 2016–2021 Tazmin Brits 2023 11 Lizelle Lee 2016 Nadine de Klerk 2024 12 Suné Luus 2017–2022 13 Chloe Tryon 2017–2025 14 Laura Wolvaardt 2021–hede
Rekords Toetsrekord teen ander lande Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning 1 0 1 0 0 0,00 – 8 0 3 0 5 0,00 – 3 0 3 0 0 0,00 – 1 1 0 0 0 100,00 31 Julie 2007 3 0 1 0 2 0,00 – Algeheel 16 1 8 0 7 6,25 31 Julie 2007 Rekords volledig tot en met toets #152 op 6–8 Maart 2026. Laaste keer hersien op 3 Julie 2026.
EDI-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 19 1 17 1 0 5,26 7 Februarie 2024 22 19 3 0 0 86,36 6 September 2012 48 11 36 0 1 22,92 17 Augustus 1997 23 21 1 0 1 91,30 5 Augustus 1997 35 13 21 0 1 37,14 10 Maart 2002 24 10 14 0 0 41,67 11 Oktober 2016 35 26 7 1 1 74,29 16 Desember 1997 26 17 6 0 3 65,38 8 Desember 2000 36 18 11 1 4 50,00 24 Maart 2005 t. Assosiaatlede 1 1 0 0 0 100,00 18 Desember 1997 7 7 0 0 0 100,00 4 Desember 2000 Algeheel 276 144 116 5 11 52,17 5 Augustus 1997 Rekords volledig tot en met EDI #1550 op 16 Mei 2026. Laaste keer hersien op 3 Julie 2026. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.
Vrouekrieketwêreldbekerrekord JaarUitslag1973 Nie in aanmerking nie1978 Nie in aanmerking nie1982 Nie in aanmerking nie1988 Nie in aanmerking nie1993 Nie deelgeneem nie1997 Kwarteindrondte2000 Halfeindrondte2005 Groepfase2009 Groepfase2013 Groepfase2017 Halfeindrondte2022 Halfeindrondte2025 Naaswenner2029
T20I-rekord teen ander lande