Kelly Tamsma Piquet Souto Maior (gebore 7 Desember 1988) is 'n Brasiliaanse model, rubriekskrywer, blogger en skakelpersoon.

Vroeë lewe en opvoeding Kelly Piquet is in Homburg, Duitsland, gebore. Sy is die dogter van Nelson Piquet, Brasiliaanse renjaer en driemalige Formule Een-wêreldkampioen, en Sylvia Tamsma, 'n Nederlandse model. Sy het die grootste deel van haar kinderjare in die suide van Frankryk deurgebring. Op die ouderdom van 12 het sy na Brasilië verhuis waar sy gewoon het tot sy 15 jaar oud was. Daarna het Piquet na Frankryk teruggekeer en nog 'n jaar daar gewoon voordat sy na Engeland verhuis het om aan 'n kosskool te studeer. Op die ouderdom van 17 het sy na Brasilië teruggekeer om haar laaste jaar van hoërskool aan die Amerikaanse Skool van Brasília by te woon. Piquet het Marymount Manhattan College in New York Stad bygewoon, waar sy internasionale betrekkinge as hoofvak gestudeer het met die klem op politieke wetenskap en ekonomie.

Loopbaan Tydens haar kollegetydperk het sy haar internskap in mode gedoen en besluit om aan te hou werk in hierdie rigting. Sy het gewerk by Vogue Latinoamerica, Bergdorf Goodman, KCD PR-agentskap, benewens dat sy 'n rubriekskrywer vir die Marie Claire-tydskrif was.

In April 2015 het Piquet verantwoordelikheid aanvaar vir Formule E se sosiale media-dekking.

Persoonlike lewe In Januarie 2017 het Piquet met die Russiese Formule Een-renjaer Daniil Kvyat begin uitgaan. Piquet en Kvyat het in Julie 2019 'n dogter, Penelope, verwelkom. In Desember 2019 is aangekondig dat Piquet en Kvyat uitmekaar is.

Piquet is sedert 2020 in 'n vaste verhouding met Formule Een-jaerkampioen Max Verstappen. In 2025 is hul dogter Lily gebore.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Brasiliaanse joernaliste Kategorie:Modelle