Die Nieu-Seelandse nasionale vrouekrieketspan (Engels: New Zealand women’s national cricket team, afgekort New Zealand Women of New Zealand W), met die bynaam White Ferns, is die nasionale vrouekrieketspan wat Nieu-Seeland in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Nieu-Seeland Krieket (NZC, van Engels: New Zealand Cricket) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status.
Ná Australië en Engeland is Nieu-Seeland die derde oudste vrouekrieketspan in internasionale krieket en het in 1935 in sy eerste toetswedstryd teen Engeland gespeel. Nieu-Seeland se beste prestasies tot dusver is een titel elk tydens vrouekrieketwêreldbeker- (in 2000) en T20I-vrouewêreldbekertoernooie (in 2024). Nieu-Seeland is tans (Junie 2026) vyfde op die IKR-vroue-eendagranglys en vierde op die Twintig20-vrouewêreldranglys. Een voormalige Nieu-Seelandse speler is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.
Beheerliggaam
Die beheerliggaam van krieket in Nieu-Seeland, Nieu-Seeland Krieket (NZC, New Zealand Cricket), is op 27 Desember 1894 as die Nieu-Seeland Krieketraad gestig (NZCC, New Zealand Cricket Council) en is die toesighouer van die Nieu-Seelandse nasionale krieketspanne. Sedert 31 Mei 1926 is Nieu-Seeland ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en mag dus toetskrieket speel.
Nieu-Seeland Krieket bestuur al die Nieu-Seeland-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Nieu-Seeland Krieket verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Nieu-Seelandse span.
Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Nieu-Seeland oor ’n o. 19-nasionale span wat aan die o. 19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.
Geskiedenis Oorsprong duimnael|links|Die Nieu-Seelandse nasionale vrouekrieketspan tydens hul 1954-toer na Engeland Die eerste gedokumenteerde vrouekrieketwedstryd in Nieu-Seeland het in 1886 in Nelson plaasgevind. Daarna is talle klubs gestig, waardeur die sport vir vroue ná die Eerste Wêreldoorlog in die land gevestig het. Die eerste provinsiale beheerliggame is ná 1928 gestig en nadat in 1933 die Engelse span aangebied het om tydens hul 1934/35-toer na Australië ook Nieu-Seeland te besoek, het die sport se ontwikkeling ’n groot hupstoot gekry. Gevolglik is die Nieu-Seelandse Vrouekrieketraad (New Zealand Women’s Cricket Council) gestig wat die land se vrouekrieket gereël en ’n nasionale span benoem het wat as die derde span internasionale wedstryde gespeel het. Die nasionale span se eerste ontmoeting met Engeland het in ’n swak nederlaag geëindig.
Eers ná die Tweede Wêreldoorlog is die volgende wedstryd gereël. Tydens die 1947/48-seisoen het Australië vir ’n toetswedstryd Nieu-Seeland besoek en die Nieu-Seelanders het weereens ’n swak nederlaag gely. Oor die volgende jare heen het Nieu-Seeland talle toetsreekse teen beide Australië en Engeland gespeel, maar dit het tot in 1971/72 geneem, voordat hulle hul eerste toetswedstryd tydens hul toer na Australië kon wen. Gedurende dieselfde seisoen het hulle ook hul eerste toetsreeks in Suid-Afrika gespeel wat hulle ná ’n oorwinning beklink het. Dit was die Nieu-Seelandse span se laaste toetsoorwinning tot op hede.
Eerste krieketwêreldbekertitel duimnael|links|Die Nieu-Seelandse nasionale vrouekrieketspan in 1966 Onder haar kaptein Trish McKelvey, wat dié pos van 1966 af beklee het, het die Nieu-Seelanders tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 in hul eerste EDI gespeel en kon dié toernooi ná Australië en Engeland in die derde plek afsluit. Tydens die daaropvolgende vrouekrieketwêreldbekertoernooie (in 1978, 1982 en 1988) het hulle dieselfde prestasie behaal. Sedert 1984/85 ding hulle met Australië mee om die Rose Bowl, ’n jaarlikse EDI-reeks wat afwisselend in albei lande beslis word. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 het die span vir die eerste keer die eindstryd gehaal, maar teen Engeland vasgeval. In die 1994/95-seisoen het die Nieu-Seelanders in hul eerste reeks teen Indië te staan gekom, in 1996 teen Ierland en in 1996/97 teen Pakistan. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 het die span in die halfeindstryd Engeland geklop, maar die keer die eindstryd teen Australië verloor. Daarna het Emily Drumm as kaptein oorgeneem en die span het in hierdie tydperk talle reekse beklink. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 het hulle in die eindstryd teen Australië geseëvier en hul eerste titel ingepalm.
Eerste T20I-vrouewêreldbekertitel duimnael|links|Nieu-Seeland teen Sri Lanka tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2020 In die daaropvolgende jare het die span enkele reekse teen Ierland en Nederland gewen. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 het die Nieu-Seelanders egter in die halfeindstryd teen Indië vasgeval. Hulle het dié opponent tydens hul tuisreeks in die 2005/06-seisoen geklop, maar dit was saam met hul oorwinning oor Engeland gedurende somer 2007 hul enigste prestasie tot die Vrouekrieketwêreldbeker 2009, waar hulle die eindstryd gehaal het, maar deur Engeland verslaan is. Ná die invoering van T20I-krieket het die span tydens die eerste twee T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2009 en 2010 die eindstryd gehaal. Daarna het die Nieu-Seelanders tydens belangrike toernooie egter gesukkel. In 2012 en 2016 het hulle tydens die T20I-vrouewêreldbekertoernooie die halfeindrondte gehaal, maar tydens beide die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2017 en 2022 en die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2020 en 2023 is hulle in die groepfase uitgeskakel. Ná hierdie teleurstellings het Nieu-Seeland tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2024 in die Verenigde Arabiese Emirate onder haar kaptein Sophie Devine die eindstryd teen Suid-Afrika gewen. Die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 het egter teleurstellend verloop en die Nieu-Seelanders is in die groepfase uitgeskakel. Tydens die daaropvolgende T20I-vrouewêreldbeker 2026 is die verdedigende kampioen Nieu-Seeland ook in die groepfase uitgeskakel.
Bynaam Die Nieu-Seelandse vrouekrieketspan se bynaam is White Ferns. Dit is een van talle byname vir Nieu-Seelandse nasionale spanne wat verband hou met die All Blacks.
Spelers Bekende spelers duimnael|upright|Debbie Hockley (2021) Een voormalige Nieu-Seelandse speler is vir haar uitstekende prestasie in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem:
Speler Posisie Inskrywing Debbie Hockley Veelsydig 2013
Spelerstatistieke Daar het altesaam 125 spelers toets-, 155 spelers EDI- en 75 spelers T20I-wedstryde vir Nieu-Seeland gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Nieu-Seelandse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.
Lopies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Debbie Hockley 1979–1996 19 1 301 Suzie Bates 2006–2026 184 5 982 Suzie Bates 2007–2026 186 4 758 Judi Doull 1966–1975 11 779 Amy Satterthwaite 2007–2022 145 4 639 Sophie Devine 2006–2026 158 3 817 Trish McKelvey 1966–1979 15 699 Sophie Devine 2006–2025 159 4 279 Amelie Kerr 2016–hede 104 2 049 Jackie Clark 1984–1992 11 482 Debbie Hockley 1982–2000 118 4 064 Amy Satterthwaite 2007–2021 111 1 784 Kirsty Bond 1995–1996 6 473 Haidee Tiffen 1999–2009 117 2 919 Maddy Green 2012–hede 128 1 439 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026
Paaltjies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Jackie Lord 1966–1979 15 55 Amelie Kerr 2016–hede 93 129 Sophie Devine 2006–2026 158 130 Jill Saulbrey 1966–1975 11 35 Lea Tahuhu 2011–2025 103 125 Amelia Kerr 2016–hede 104 111 Pat Carrick 1969–1977 7 21 Sophie Devine 2006–2025 159 111 Lea Tahuhu 2011–2026 104 100 Joc Burley 1966–1969 6 21 Aimee Watkins 2002–2011 103 92 Leigh Kasperek 2015–2024 52 81 Jean Coulston 1954–1957 5 19 Nicola Browne 2002–2014 125 88 Suzie Bates 2007–2026 186 62 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026
Spankapteins Tot op hede was nege spelers reeds die kaptein vir Nieu-Seeland tydens ’n toetswedstryd, 16 tydens ’n EDI en sewe tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.
Toets EDI T20I No. Naam Tydperk Naam Tydperk Naam Tydperk 1 Ruth Symons 1935 Bev Brentnall 1973 Maia Lewis 2004 2 Ina Lamason 1948–1949 Trish McKelvey 1977–1982 Haidee Tiffen 2006–2009 3 Rona McKenzie 1954–1961 Debbie Hockley 1984–1999 Aimee Watkins 2009–2011 4 Trish McKelvey 1966–1979 Ingrid Jagersma 1985 Suzie Bates 2012–hede 5 Debbie Hockley 1984–1985 Lesley Murdoch 1986–1990 Sophie Devine 2014–2024 6 Lesley Murdoch 1990 Karen Plummer 1992 Amy Satterthwaite 2018–2021 7 Karen Plummer 1992 Sarah Illingworth 1993–1996 Amelia Kerr 2023–2024 8 Sarah Illingworth 1995–1996 Maia Lewis 1997–2005 9 Maia Lewis 2003–2004 Emily Drumm 2000–2003 10 Catherine Campbell 2000 11 Haidee Tiffen 2004–2009 12 Aimee Watkins 2008–2011 13 Amy Satterthwaite 2010–2022 14 Suzie Bates 2011–hede 15 Sophie Devine 2020–2025 16 Amelia Kerr 2024
Rekords Toetsrekord teen ander lande Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning 13 1 4 0 8 7,69 8 Februarie 1972 23 0 6 0 17 0,00 – 6 0 0 0 6 0,00 – 3 1 0 0 2 33,33 13 Maart 1972 Algeheel 45 2 10 0 33 4,44 8 Februarie 1972 Rekords volledig tot en met toets #152 op 6–8 Maart 2026. Laaste keer hersien op 30 Junie 2026.
EDI-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 136 31 103 0 2 22,79 8 Februarie 1985 5 3 0 0 2 60,00 7 Maart 2022 89 38 48 1 2 42,70 14 Julie 1973 20 18 0 0 2 90,00 29 November 1988 58 34 23 1 0 58,62 5 Januarie 1978 18 15 1 1 1 83,33 28 Januarie 1997 17 13 2 0 2 76,47 13 Desember 1997 24 14 10 0 0 58,33 13 Februarie 1999 23 13 9 0 1 56,52 26 Julie 1993 t. Assosiaatlede 1 1 0 0 0 100,00 24 Julie 1993 Internasionale XI 4 3 1 0 0 75,00 12 Januarie 1982 Jong Engeland 1 1 0 0 0 100,00 21 Julie 1973 9 9 0 0 0 100,00 8 Augustus 1984 1 1 0 0 0 100,00 23 Junie 1973 Algeheel 409 197 197 3 12 48,17 23 Junie 1973 Rekords volledig tot en met EDI #1550 op 16 Mei 2026. Laaste keer hersien op 30 Junie 2026. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.
Vrouekrieketwêreldbekerrekord JaarUitslag1973 Derde plek1978 Derde plek1982 Derde plek1988 Derde plek1993 Naaswenner1997 Naaswenner2000 Kampioen2005 Halfeindrondte2009 Naaswenner2013 Vierde plek2017 Groepfase2022 Groepfase2025 Groepfase2029
T20I-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 55 21 32 1 1 38,18 6 Maart 2008 5 5 0 0 0 100,00 29 Februarie 2020 44 9 35 0 0 20,45 5 Augustus 2004 5 5 0 0 0 100,00 25 Maart 2014 14 10 4 0 0 71,42 18 Junie 2009 12 10 2 0 0 83,33 10 Mei 2010 18 14 3 0 1 77,78 8 Mei 2010 22 16 5 0 1 72,73 10 Augustus 2007 25 16 6 2 1 64,00 13 Junie 2009 t. Assosiaatlede 1 1 0 0 0 100,00 23 Junie 2026 3 3 0 0 0 100,00 25 Februarie 2026 Algeheel 204 110 87 3 4 53,92 5 Augustus 2004 Rekords volledig tot en met T20I #2907 op 28 Junie 2026. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).
T20I-vrouewêreldbekerrekord JaarUitslag2009 Naaswenner2010 Naaswenner2012 Halfeindrondte2014 Groepfase2016 Halfeindrondte2018 Groepfase2020 Groepfase2023 Groepfase2024 Kampioen2026 Groepfase2028 gekwalifiseer
Statebondspele JaarUitslag2024 Bronsmedalje
Sien ook