Die Raad van Suider-Afrikaanse Sokkerverenigings (Frans: Conseil des Associations de Football en Afrique Australe; Portugees: Conselho das Associações de Futebol da África Austral), amptelik afgekort as COSAFA (Engels: Council of Southern Africa Football Associations), is ’n vereniging van sokkerspelende lande in Suider-Afrika. Dit is geaffilieer aan die Konfederasie van Afrikasokker (CAF).

COSAFA reël verskeie toernooie in die Suider-Afrikaanse streek, waarvan die bekendstes die COSAFA-beker en die COSAFA-vrouekampioenskap is.

Lidverenigings

Alle verenigings wat in 1997 aangesluit het, was stigterslede van COSAFA. Die Comore-eilande is die enigste COSAFA-lid wat ook ’n lid is van die Unie van Arabiese Sokkerverenigings.

Die beheerliggaam van Réunion, die Réunionesesokkerliga, is slegs ’n geassosieerde lid van COSAFA. Land Beheerliggaam 1997 Sokkervereniging van Angola 1997 Sokkervereniging van Botswana 2007 Sokkervereniging van die Comore-eilande 1997 Sokkervereniging van Eswatini 1997 Sokkervereniging van Lesotho 2000 Sokkervereniging van Madagaskar 1997 Sokkervereniging van Malawi 2000 Sokkervereniging van Mauritius 1997 Sokkervereniging van Mosambiek 1997 Sokkervereniging van Namibië 2000 Sokkervereniging van Seychelle 1997 Sokkervereniging van Suid-Afrika 1997 Sokkervereniging van Zambië 1997 Sokkervereniging van Zimbabwe

Verwysings

Eksterne skakels

COSAFA se amptelike webtuiste

Kategorie:Sokkerbeheerliggaam