SGR 1806-20 is 'n magnetar, 'n soort neutronster met 'n kragtige magneetveld, wat in 1979 ontdek en as 'n sagtegammaherhaler (SGR) geïdentifiseer is. SGR 1806-20 is sowat 42 000 ligjare van die Aarde af aan die ander kant van die Melkweg geleë, in die sterrebeeld Boogskutter. Dit het 'n deursnee van net sowat 20 km en roteer elke 7,5 sekondes teen 30 000 km/h by sy ewenaar.

Teen 2016 was SGR 1806-20 die hoogs gemagnetiseerde voorwerp wat nog waargeneem is; sy magneetveld het 'n intensiteit van meer as 1015 gauss (G) of 1011 tesla (T) (in vergelyking met die Son se 1-5 G en die Aarde se 0,25-0,65 G).

Verwysings

Skakels

Kategorie:Magnetars Kategorie:Boogskutter (sterrebeeld)