Die Pakistanse nasionale vrouekrieketspan (Engels: Pakistan women’s national cricket team, afgekort Pakistan Women of Pakistan W; Oerdoe: پاکستان قومی خواتین کرکٹ ٹیم), met die bynaam Women in Green, is die nasionale vrouekrieketspan wat Pakistan in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur die Pakistanse Krieketraad (PCB) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Pakistan is tans (Junie 2026) agtste op die IKR-vroue-eendagranglys en agtste op die Twintig20-vrouewêreldranglys. Een voormalige Pakistanse speler is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

Beheerliggaam

duimnael|links|Die provinsiale streke van die Pakistanse Krieketraad Die Pakistanse Krieketraad (PCB) is op 1 Mei 1949 as Raad vir Beheer van Krieket Pakistan (BCCP) gestig en verantwoordelik vir die reël van krieket in Pakistan. Sedert 28 Julie 1952 is Pakistan ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en mag dus toetskrieket speel. Daarbenewens was die Pakistanse beheerliggaam in 1983 ’n stigtingslid van die Asiatiese Krieketkonferensie (Asian Cricket Conference, ACC; nou Asiatiese Krieketraad).

Die Pakistanse Krieketraad bestuur al die Pakistan-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die PCB verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Pakistanse span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Pakistan oor ’n o. 19-nasionale span wat aan die o. 19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.

Geskiedenis Oorsprong Die eerste pogings om vrouekrieket in Pakistan te vestig is in 1996 deur die susters Shaiza en Sharmeen Khan onderneem, maar dit is deur doodsdreigemente en regsgedinge beëindig. Die voorstel om in 1997 ’n wedstryd teen Indië te speel is deur die regering onder Nawaz Sharif verhinder. Nogtans het hulle daarin geslaag om ’n toer na Nieu-Seeland en Australië te onderneem, waartydens hulle in Januarie 1997 in Nieu-Seeland hul eerste EDI gespeel het. Ten spyte van nederlae in al drie die wedstryde is die span genooi om aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 deel te neem, waar hulle in al hul groepwedstryde geklop is.

Pakistan het in April 1998, tydens sy 1997/98-toer na Sri Lanka, sy eerste toetswedstryd gespeel. Gedurende somer 2000 het hulle na Ierland getoer, waar hulle in die EDIs en die toetswedstryd swak nederlae gely het. Pakistan het sy eerste EDI-oorwinning tuis aangeteken, toe hulle in 2000/01 die reeks van sewe wedstryde teen Nederland met 4–3 beklink het.

Reël binne die PCB duimnael|links|Die Pakistanse span tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 Destyds is die nasionale span deur die Pakistanse Vrouekrieketbeheervereniging (Pakistan Women’s Cricket Control Association) bestuur. Nadat die vrouekrieket in Pakistan deur die Pakistanse Krieketraad oorgeneem is, het dit tot hofsake gelei. Dit het daartoe gelei dat die span amper nie aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2005-kwalifisering in Nederland kon deelneem nie. Nadat die geskil opgelos is, het die span slegs Skotland en Japan geklop, waarmee hulle die hooftoernooi misgeloop het. Vervolgens het die Internasionale Krieketraad gelas dat al die beheerliggame vroue- en manskrieket gesamentlik moet beheer.

Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2009-kwalifisering het die span die eindstryd gehaal, waarmee hulle weer vir ’n wêreldbekertoernooi gekwalifiseer het. Tydens die hooftoernooi het hulle in die eerste rondte Sri Lanka geklop en daarmee die Super Ses gehaal. Ná slegs een oorwinning oor Wes-Indië is die span uitgeskakel. Tydens die heel eerste T20I-vrouewêreldbeker 2009 is hulle in al hul groepwedstryde verslaan en uit die toernooi geskakel. Tydens die tweede T20I-vrouewêreldbeker 2010 in Wes-Indië het hulle ook geen oorwinning aangeteken nie.

Asiatiese Spelesukses Tydens die Asiatiese Spele 2010 in die Volksrepubliek China het Pakistan sy eerste groot sukses behaal en die toernooi met ’n eindstrydoorwinning oor Bangladesj met tien paaltjies beklink. As gevolg van sy matige prestasie tydens wêreldbekertoernooie moes Pakistan opnuut aan kwalifiseringstoernooie deelneem. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2012-kwalifisering het hulle daarin geslaag en die eindstryd gehaal. Tydens die hooftoernooi se eerste rondte het die span slegs een oorwinning oor Indië aangeteken. Die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 het hulle weereens sonder ’n oorwinning afgesluit, tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2014 het hulle slegs Ierland verslaan en hulle het die toernooi in die sewende plek afgesluit. Tydens die Asiatiese Spele 2014 in Suid-Korea het die span sy titel suksesvol verdedig.

Daarna was hul beste prestasie die sesde plek tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2016, toe hulle Indië en Bangladesj geklop het, maar nogtans in die eerste rondte uitgeskakel is. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 het hulle weereens geen oorwinning aangeteken nie. Tydens die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2018, 2020, 2023, 2024 en 2026 het die span slegs een oorwinning elk aangeteken en is telkens in die eerste rondte uitgeskakel. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 is hulle sonder ’n oorwinning uitgeskakel.

Spelers Bekende spelers duimnael|upright|Sana Mir (2009) Een voormalige Pakistanse speler is vir haar uitstekende prestasie in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem:

Speler Posisie Inskrywing Sana Mir Veelsydig 2025

Spelerstatistieke Daar het altesaam 20 spelers toets-, 95 spelers EDI- en 60 spelers T20I-wedstryde vir Pakistan gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Pakistanse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Kiran Baluch 1998–2004 3 360 Bismah Maroof 2006–2024 136 3 369 Bismah Maroof 2009–2023 140 2 893 Sajjida Shah 2000–2004 2 100 Javeria Khan 2008–2022 116 2 885 Nida Dar 2010–2024 160 2 091 Shaiza Khan 1998–2004 3 69 Sidra Amin 2011–hede 89 2 653 Javeria Khan 2009–2023 112 2 018 Khursheed Jabeen 2000–2004 2 46 Nida Dar 2010–2024 112 1 690 Muneeba Ali 2016–hede 94 1 712 Zehmarad Afzal 2000–2000 1 45 Aliya Riaz 2014–hede 86 1 681 Aliya Riaz 2014–hede 114 1 396 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026

Paaltjies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Shaiza Khan 1998–2004 3 19 Sana Mir 2005–2019 120 151 Nida Dar 2010–2024 160 144 Nazia Nazir 1998–2004 3 7 Nashra Sandhu 2017–hede 86 117 Sana Mir 2009–2019 106 89 Sharmeen Khan 1998–2000 2 5 Nida Dar 2010–2024 112 108 Sadia Iqbal 2019–hede 64 80 Urooj Mumtaz 2004–2004 1 2 Fatima Sana 2019–hede 61 82 Nashra Sandhu 2017–hede 82 79 Kiran Baluch 1998–2004 3 2 Sadia Yousuf 2008–2017 59 78 Anam Amin 2014–2022 65 61 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026

Spankapteins Tot op hede was een speler reeds die kaptein vir Pakistan tydens ’n toetswedstryd, elf tydens ’n EDI en agt tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.

Toets EDI T20I No. Naam Tydperk Naam Tydperk Naam Tydperk 1 Shaiza Khan 1998–2004 Shaiza Khan 1997–2004 Sana Mir 2009–2016 2 Sadia Butt 2003 Sania Khan 2010 3 Sana Javed 2005–2006 Bismah Maroof 2013–2023 4 Urooj Mumtaz 2006–2009 Javeria Khan 2018–2021 5 Sana Mir 2009–2017 Aliya Riaz 2021 6 Bismah Maroof 2013–2023 Nida Dar 2023–2024 7 Javeria Khan 2018–2021 Muneeba Ali 2021 8 Sidra Nawaz 2021 Fatima Sana 2024–hede 9 Nida Dar 2023–2024 Muneeba Ali 2024 10 Fatima Sana 2023–hede 11 Muneeba Ali 2026

Rekords Toetsrekord teen ander lande Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning 1 0 1 0 0 0,00 – 1 0 1 0 0 0,00 – 1 0 0 0 1 0,00 – Algeheel 3 0 2 0 1 0,00 – Rekords volledig tot en met toets #152 op 6–8 Maart 2026. Laaste keer hersien op 29 Junie 2026.

EDI-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 17 0 17 0 0 0,00 – 17 8 8 1 0 47,05 20 Augustus 2012 16 0 13 0 3 0,00 – 22 16 6 0 0 72,72 18 Februarie 2008 12 0 12 0 0 0,00 – 18 1 15 1 1 5,56 12 Desember 1997 34 11 22 0 1 32,35 21 April 2011 35 7 26 1 1 20,00 24 November 2011 38 11 27 0 0 28,94 25 Maart 2004 t. Assosiaatlede 1 0 1 0 0 0,00 – 1 1 0 0 0 100,00 21 Julie 2003 12 7 4 0 1 58,33 9 April 2001 2 2 0 0 0 100,00 22 Julie 2003 1 1 0 0 0 100,00 17 April 2025 4 4 0 0 0 100,00 27 November 2021 Algeheel 230 69 151 3 7 30,00 12 Desember 1997 Rekords volledig tot en met EDI #1550 op 16 Mei 2026. Laaste keer hersien op 29 Junie 2026. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.

Vrouekrieketwêreldbekerrekord JaarUitslag1973 Nie in aanmerking nie1978 Nie in aanmerking nie1982 Nie in aanmerking nie1988 Nie in aanmerking nie1993 Nie in aanmerking nie1997 Groepfase2000 Nie genooi nie2005 Nie genooi nie2009 Super Ses2013 Groepfase2017 Groepfase2022 Groepfase2025 Groepfase2029

T20I-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 17 0 15 0 2 0,00 – 21 16 5 0 0 76,19 29 Augustus 2012 18 1 17 0 0 5,56 5 Julie 2013 23 16 7 0 0 69,57 28 Mei 2009 17 3 14 0 0 17,65 1 Oktober 2012 12 2 10 0 0 16,67 3 Desember 2023 21 11 9 0 1 52,38 16 Januarie 2015 28 12 16 0 0 42,86 19 Januarie 2014 24 4 16 3 1 16,67 10 September 2011 t. Assosiaatlede 1 0 1 0 0 0,00 – 2 2 0 0 0 100,00 7 Junie 2018 2 2 0 0 0 100,00 24 April 2011 1 1 0 0 0 100,00 21 Julie 2024 3 1 1 0 1 33,33 3 Junie 2018 2 2 0 0 0 100,00 9 Oktober 2022 3 3 0 0 0 100,00 12 Mei 2026 Algeheel 195 76 111 3 5 38,97 28 Mei 2009 Rekords volledig tot en met T20I #2907 op 28 Junie 2026. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).

T20I-vrouewêreldbekerrekord JaarUitslag2009 Groepfase2010 Groepfase2012 Groepfase2014 Groepfase2016 Groepfase2018 Groepfase2020 Groepfase2023 Groepfase2024 Groepfase2026 Groepfase2028 gekwalifiseer

Asiatiese Vrouebekerrekord JaarUitslag2004 Nie deelgeneem nie2005–06 Groepfase2006 Groepfase2008 Groepfase2012 Naaswenner2016 Naaswenner2018 Groepfase2022 Halfeindrondte2024 Halfeindrondte

Statebondspele JaarUitslag2024 Groepfase

Asiatiese Spelerekord JaarUitslag2010 Kampioen2014 Kampioen2022 4de plek

Sien ook

Pakistanse nasionale krieketspan

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Pakistanse Krieketraad Pakistan-vroue op ESPNcricinfo Pakistan by die IKR

Kategorie:Krieket in Pakistan Kategorie:Nasionale vrouekrieketspanne