Jürgen Klinsmann (gebore 30 Julie 1964) is 'n Duitse professionele sokkerafrigter en voormalige speler. Hy het vir verskeie vooraanstaande klubs in Europa gespeel, insluitend VfB Stuttgart, Inter Milaan, Monaco, Tottenham Hotspur, en Bayern München. Hy was deel van die Wes-Duitse span wat die 1990 FIFA Wêreldbeker gewen het, asook die verenigde Duitse span wat die Europese Kampioenskap in 1996 gewen het.

Klinsmann word beskou as een van Duitsland se voorste doelskieters tydens die 1990's. Hy het in al ses groot internasionale toernooie waarin hy vir Duitsland gespeel het, vanaf UEFA Euro 1988 tot die 1998 FIFA Wêreldbeker, doele aangeteken. In 1995 het hy derde geëindig in die FIFA Wêreldspeler van die Jaar-toekenning; in Maart 2004 is hy opgeneem in die FIFA 100-lys van die "125 Grootste Lewende Sokkerspelers". In 2016 het hy die vyfde speler geword wat as erekaptein van Duitsland aangewys is.

Na sy speelloopbaan het hy as afrigter en tegniese konsultant vir verskeie klubs en nasionale spanne gewerk, insluitend die Duitse nasionale span, wat hy in 2006 op eie bodem na ’n derde plek in die Wêreldbeker-toernooi gelei het, en die nasionale span van sy nuwe tuisland, die VSA, wat hy tydens die Wêreldbeker in 2014 afgerig het. Sy seun, Jonathan Klinsmann, het ook professionele sokker (as doelwagter) gespeel.

Verwysings

Kategorie:Duitse sokkerspelers Kategorie:Sokkerafrigters Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Lewende mense