Ardmore-keramiek in kwaZoeloe-Natal se Middellande is die grootste pottebakkersateljee in Suid-Afrika.
Ligging Die ateljee is by Lidgetton-Wes in die Caversham-vallei by die koördinate 29° 25′ suid en 30° 6′ oos, suidoos van Nottingham Road en noordwes van die Midmardam, Howick en Pietermaritzburg.
Kunstenaars Die pottebakkery is in 1985 begin deur Fée Halsted op die plaas Ardmore aan die voetheuwels van die Drakensberge. Kort daarna het Bonnie Ntshalintshali by haar aangesluit. Die huidige kunstenaars is ‘n diverse plaaslike groep mense met verskillende vorige beroepe, wat hier opleiding ontvang in die vervaardiging van sier- en gebruiksvoorwerpe uit klei deur dit hier te bak, glasuur, versier en te bemark.
Werk Elke produk is uniek. Dikwels is dit eksotiese figure opeengestapel tot kandelare met sterk patrone en helder lewendige kleure. Elke figuur word noukeurig geverf en die kleure lewer ‘n vreugdevolle sienig van die mensdom op. Tema is dikwels Bybelverhale en mites, bygelowe, simbole en legendes uit die Zoeloe-kultuur. Inspirasie word ook geput uit die waarneem van die diere op die plaas. Tipiese werke is Die laaste avondmaal wat ‘n Zoeloe-feesmaal met poetoepap en suurpap op ‘n tradisionele gedekte tafel toon en by Die plaag bekruip sprinkane en paddas enkele gevangenes.
Bibliografie ardmore-design.com van Hoven, Lynette: Skeppende simbiose. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 36, nr. 2, Maart/April 1991. ISSN 0491-4783
Kategorie:KwaZulu-Natal Kategorie:Kuns