Die Sri Lankaanse nasionale vrouekrieketspan is die nasionale vrouekrieketspan wat Sri Lanka in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Sri Lanka Krieket (SLC) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Tydens die Asiatiese Vrouebeker 2024 het Sri Lanka sy eerste internasionale titel gewen. Sri Lanka is tans (Junie 2026) sesde op die IKR-vroue-eendagranglys en sesde op die Twintig20-vrouewêreldranglys.
Beheerliggaam
Sri Lanka Krieket (SLC) is op 30 Junie 1975 as Raad van Krieket vir Sri Lanka (BCCSL) gestig en verantwoordelik vir die reël van krieket in Sri Lanka. Op 21 Julie 1981 het Sri Lanka ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword en mag dus toetskrieket speel, wat na die belangrikste en vernaamste internasionale krieketwedstryde verwys. Daarbenewens was die Sri Lankaanse beheerliggaam in 1983 ’n stigtingslid van die Asiatiese Krieketkonferensie (Asian Cricket Conference, ACC; nou Asiatiese Krieketraad).
Sri Lanka Krieket bestuur al die Sri Lanka-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die SLC verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Sri Lankaanse span.
Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Sri Lanka oor ’n o. 19-nasionale span wat aan die o. 19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.
Geskiedenis Oorsprong Die Sri Lankane het hul eerste internasionale wedstryd tydens die 1997/98-toer na Nederland gespeel, waar hulle twee van drie die EDIs verloor het. Dié reeks het as ’n voorbereiding op die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 in Indië gedien. Tydens die eerste rondte het hulle Wes-Indië verslaan, maar in die kwarteindstryd teen Engeland vasgeval. Sy eerste en tot op hede enigste toetswedstryd het Sri Lanka tydens sy 1998-toer na Pakistan gespeel, wat hulle gewen het. Gedurende die daaropvolgende winter het Nederland vir vyf EDIs Sri Lanka besoek en dié keer het die gasvroue al vyf die wedstryde gewen. Die volgende internasionale verskyning was tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 in Nieu-Seeland. Die Sri Lankane het in die eerste rondte naelskraapse oorwinnings oor Nederland en Ierland aangeteken, maar die halfeindrondte misgeloop. In die daaropvolgende jare het hulle een reeks elk teen Pakistan en Wes-Indië maklik gewen, maar tydens die Asiatiese Vrouebeker 2004 teen Indië vasgeval.
Vestiging op internasionale vlak Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 het die Sri Lankane oor Suid-Afrika geseëvier en die sesde plek behaal. Tydens die drie daaropvolgende Asiatiese Vrouebekertoernooie (in 2005/06, 2006 en 2008) het hulle die eindstryd gehaal, maar telkens teen Indië vasgeval. In 2006 is die beheer oor vrouekrieket deur Sri Lanka Krieket (SLC) oorgeneem, wat ook toesig hou oor manskrieket in Sri Lanka. In voorbereiding op die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 het die span onder andere ’n reeks teen Wes-Indië gespeel wat tot op hede hul enigste EDI-reeks is wat hulle kon beklink. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 in Australië het die span al sy groepwedstryde verloor. Tydens die daaropvolgende T20I-vrouewêreldbeker 2009 het hulle Pakistan geklop, maar die halfeindrondte misgeloop.
Droë tydperk duimnael|links|Wedstryd teen Engeland tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2009 Sri Lanka het gereeld vir die belangrike toernooie gekwalifiseer, maar tot dusver geen titel ingepalm nie. Tydens die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2010 en 2012 het die span slegs een oorwinning elk in die groepfase aangeteken. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 het hulle ná oorwinnings oor Indië en Engeland vir die eerste keer die tweede rondte by ’n wêreldbekertoernooi gehaal, maar hulle is daar sonder ’n oorwinning uit die toernooi geskakel.
Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2014 het die span Indië geklop en vanweë ’n beter lopietempo teenoor Australië die tweede rondte gehaal. Die Sri Lankane is egter in al hul wedstryde verslaan en het die toernooi in die agtste plek afgesluit. Tydens die Vrouekampioenskap 2014–16 het die span al sy EDI-reekse verloor en die laaste plek beklee. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2016 het hulle Ierland en Suid-Afrika geklop, maar versuim om vir die halfeindrondte te kwalifiseer. Die Vrouekrieketwêreldbeker 2017-kwalifisering het hulle tuis beklink. Die hooftoernooi het die span ná slegs een oorwinning oor Pakistan in die voorlaaste plek afgesluit.
Tydens die Vrouekampioenskap 2017–20 is Sri Lanka weer in al sy EDI-reekse verslaan. Tydens die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2018 en 2020 is die span ná een oorwinning elk in die eerste rondte uitgeskakel. Omdat die Vrouekrieketwêreldbeker 2022-kwalifisering vanweë die wêreldwye Covid-19-pandemie afgelas moes word, het hulle vir die eerste keer sedert 1997 ’n vrouekrieketwêreldbekertoernooi misgeloop. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 het die Sri Lankane twee oorwinnings aangeteken, maar nie die halfeindrondte gehaal nie. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 het Sri Lanka saam met Indië as medegasheer opgetree, maar die span is reeds in die groepfase uitgeskakel. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2026 het Sri Lanka vir die eerste keer drie oorwinnings aangeteken, maar hulle het vanweë hul swakker lopietempo teenoor Wes-Indië s’n die halfeindrondte naelskraap misgeloop (Sri Lanka –0.725, Wes-Indië –0.147).
Spelers Spelerstatistieke Daar het altesaam elf spelers toets-, 84 spelers EDI- en 59 spelers T20I-wedstryde vir Sri Lanka gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Sri Lankaanse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.
Lopies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Chamani Seneviratna 1998–1998 1 148 Chamari Athapaththu 2010–hede 126 4 154 Chamari Athapaththu 2009–hede 162 3 924 Vanessa de Silva 1998–1998 1 141 Shashikala Siriwardene 2003–2019 118 2 029 Harshitha Samarawickrama 2016–hede 88 1 790 Dedunu Gunaratne 1998–1998 1 55 Harshitha Samarawickrama 2016–hede 53 1 447 Nilakshika Silva 2013–hede 119 1 365 Rose Dovey 1998–1998 1 52 Dilani Manodara 2006–2019 97 1 363 Shashikala Siriwardene 2010–2020 81 1 097 Chandrika Lakmalee 1998–1998 1 27 Hasini Perera 2014–hede 66 1 265 Hasini Perera 2014–hede 98 1 061 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026
Paaltjies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Rasanjali Silva 1998–1998 1 8 Shashikala Siriwardene 2003–2019 118 124 Inoka Ranaweera 2012–hede 91 97 Chamani Seneviratna 1998–1998 1 7 Inoka Ranaweera 2012–hede 92 98 Udeshika Prabodhani 2009–2024 106 84 Rose Dovey 1998–1998 1 4 Chamani Seneviratna 1997–2013 80 72 Shashikala Siriwardene 2010–2020 81 77 Suwini de Alwis 2005–2011 49 58 Chamari Athapaththu 2009–hede 162 74 Sripali Weerakkody 2006–2018 89 58 Sugandika Kumari 2015–hede 99 73 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026
Spankapteins Tot op hede was een speler reeds die kaptein vir Sri Lanka tydens ’n toetswedstryd, 13 tydens ’n EDI en agt tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.
Toets EDI T20I No. Naam Tydperk Naam Tydperk Naam Tydperk 1 Rasanjali Silva 1998 Vanessa de Silva 1997 Chamari Polgampola 2009 2 Rasanjali Silva 1998–2000 Chamani Seneviratna 2010 3 Suthershini Sivanantham 2002–2003 Shashikala Siriwardene 2010–2018 4 Thanuga Ekanayake 2004 Dilani Manodara 2012 5 Randika Galhenage 2004 Chamari Athapaththu 2014–hede 6 Sandamali Dolawatte 2005–2013 Hasini Perera 2016 7 Shashikala Siriwardene 2005–2019 Inoka Ranaweera 2017 8 Chamani Seneviratna 2010 Anushka Sanjeewani 2024 9 Dilani Manodara 2010–2012 10 Chamari Athapaththu 2014–hede 11 Eshani Lokusuriyage 2015 12 Inoka Ranaweera 2016–2017 13 Hasini Perera 2026
Rekords Toetsrekord teen ander lande Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning 1 1 0 0 0 100,00 20 April 1998 Algeheel 1 1 0 0 0 0,00 20 April 1998 Rekords volledig tot en met toets #152 op 6–8 Maart 2026. Laaste keer hersien op 29 Junie 2026.
EDI-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 11 0 11 0 0 0,00 – 7 5 1 0 1 71,43 19 Februarie 2017 21 1 18 0 2 4,76 1 Februarie 2013 7 4 2 0 1 57,14 5 Desember 2000 36 3 32 0 1 8,33 5 Februarie 2013 17 2 13 0 2 11,76 27 Junie 2023 34 22 11 0 1 64,71 11 April 1998 26 6 17 0 3 23,08 1 April 2005 38 19 19 0 0 50,00 11 Desember 1997 t. Assosiaatlede 13 10 3 0 0 76,92 29 November 1997 Algeheel 210 72 127 0 11 34,29 29 November 1997 Rekords volledig tot en met EDI #1550 op 16 Mei 2026. Laaste keer hersien op 29 Junie 2026. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.
Vrouekrieketwêreldbekerrekord JaarUitslag1973 Nie in aanmerking nie1978 Nie in aanmerking nie1982 Nie in aanmerking nie1988 Nie in aanmerking nie1993 Nie in aanmerking nie1997 Kwarteindrondte2000 Groepfase2005 Groepfase2009 Groepfase2013 Super 62017 Groepfase2022 Nie gekwalifiseer nie2025 Groepfase2029
T20I-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 8 0 8 0 0 0,00 – 16 13 3 0 0 81,25 3 Desember 2016 13 2 11 0 0 15,38 2 September 2023 6 5 1 0 0 83,33 14 Oktober 2010 31 5 25 0 1 16,13 25 Januarie 2014 18 3 14 0 1 16,67 12 Julie 2023 21 9 11 0 1 42,85 12 Junie 2009 17 6 11 0 0 35,29 2 November 2013 30 7 21 0 2 23,33 7 Mei 2012 t. Assosiaatlede 1 1 0 0 0 100,00 20 Januarie 2022 4 4 0 0 0 100,00 4 Junie 2018 1 0 0 0 1 0,00 – 4 4 0 0 0 100,00 18 Januarie 2022 5 4 1 0 0 80,00 4 Oktober 2022 1 1 0 0 0 100,00 1 Mei 2024 2 2 0 0 0 100,00 2 Oktober 2022 1 1 0 0 0 100,00 3 Mei 2024 Algeheel 179 67 106 0 6 37,43 12 Junie 2009 Rekords volledig tot en met T20I #2907 op 28 Junie 2026. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).
T20I-vrouewêreldbekerrekord JaarUitslag2009 Groepfase2010 Groepfase2012 Groepfase2014 Agtste plek2016 Groepfase2018 Groepfase2020 Groepfase2023 Groepfase2024 Groepfase2026 Groepfase2028 gekwalifiseer
Asiatiese Vrouebekerrekord JaarUitslag2004 Naaswenner2005/06 Naaswenner2006 Naaswenner2008 Naaswenner2012 Halfeindrondte2016 Groepfase2018 Groepfase2022 Naaswenner2024 Kampioen
Statebondspele JaarUitslag2024 Groepfase
Asiatiese Spelerekord JaarUitslag2010 Nie deelgeneem nie2014 3de plek2022 Naaswenner
Sien ook
Sri Lankaanse nasionale krieketspan
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van Sri Lanka Krieket Sri Lanka-vroue op ESPNcricinfo Sri Lanka by die IKR
Kategorie:Krieket in Sri Lanka Kategorie:Nasionale vrouekrieketspanne