Petr Čech (gebore 20 Mei 1982) is ’n voormalige Tsjeggiese sokkerdoelwagter. Hy het begin speel by Chmel Blšany en later vir Sparta Praag. In 2004 het hy na Chelsea in die Engelse Premierliga oorgegaan, waar hy 11 jaar gespeel het en verskeie titels gewen het, insluitende vier Premierliga-titels en die UEFA Champions League. Na ’n hoofbesering in 2006 is hy verplig om al sy sokkerwedstryde met ’n rugbyhelm te speel. In 2015 het hy by Arsenal aangesluit en in 2019 afgetree.

Čech is die speler met die meeste vertonings vir die Tsjeggiese nasionale span met 124 wedstryde. Hy het sy land by verskeie Wêreld- en Europese Kampioenskappe verteenwoordig en was die kaptein van die span.

Hy hou verskeie rekordas as doelwagter, insluitende die meeste skoon velle in die Premierliga en die rekord vir die minste wedstryde om 100 skoon velle te behaal. Hy is die enigste doelwagter wat die Premierliga se Golden Glove by twee verskillende klubs gewen het.

Toe Čech grootgeword het, was yshokkie sy voorkeur­sport, maar die koste van toerusting het hom gedwing om sokker te speel, wat aansienlik goedkoper was. Ná sy sokkerloopbaan het hy uiteindelik die geleentheid gekry om professionele yshokkie as doelwagter te speel vir verskeie Britse klubs.

Verwysings

Kategorie:Tsjeggiese sokkerspelers Kategorie:Yshokkiespelers Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Lewende mense