Pieter Theunis Coetzé (gebore 13 Mei 2004) is 'n Suid-Afrikaanse swemmer. Hy is die Afrika-rekordhouer in die langbaan- en kortbaan-100 meter rugslag en kortbaan-50 meter rugslag. By die Statebondspele van 2022 het hy die goue medalje in die 100 meter rugslag, die silwermedalje in die 50 meter rugslag en die bronsmedalje in die 200 meter rugslag gewen."Birmingham 2022 Commonwealth Games: Men's 100m Backstroke Heats Results Summary". Longines. 29 Julie 2022. Besoek 29 Julie 2022. By die Wêreld Junior Kampioenskappe van 2022 het hy aan tien items deelgeneem, insluitend die wen van die goue medalje in die 200 meter rugslag, silwermedaljes in die 50 meter rugslag, 100 meter rugslag en die 4×100 meter wisselslag-aflos, asook 'n bronsmedalje in die 4×100 meter gemengde wisselslag-aflos."Team Announcement – 8th FINA Junior World Swimming Championships". Swimming South Africa. 28 Junie 2022. Besoek 22 Augustus 2022. Coetzé het 29 Julie 2025 by die Wêreld-waterkampioenskappe in Singapoer goue-medalje in die 100 m-rugslag te verower. Garrin Lambley,29 Julie 2025. The South African, GOLD for South Africa’s Pieter Coetzé in the pool in Singapore. https://www.msn.com/en-za/news/other/gold-for-south-africa-s-pieter-coetz%C3%A9-in-the-pool-in-singapore/ar-AA1Jw233.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse swemmers Kategorie:Geboortes in 2004 Kategorie:Lewende mense