Die Sport Klub Windhoek, ook bekend as SK Windhoek, SKW, en Cymot SKW weens borgskapredes, is ’n Namibiese sportklub gebaseer in Windhoek. Hulle het tot in 2013 in die hoogste afdeling van Namibiese sokker, die Namibia Premier League, gespeel.

Die klub is bekend as die sportklub van Duitse Namibiërs (vandaar die Duitse spelling Sport Klub, alhoewel die korrekte spelling in Duits eintlik Sportklub sonder ’n spasie sou wees), maar is nietemin oop vir alle Namibiërs.

Eksterne Skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Windhoek Kategorie:Namibiese sokkerklubs