Litiumysterfosfaat is 'n dubbelsout van fosforsuur met litium en yster. Dit het die formule . In sy stoïgiometriese vorm is dit 'n Fe(II)-verbinding.

Eienskappe Dit kom in die natuur voor as die mineraal trifiliet.mindat 4030 Dit is 'n lid van die litiofiliet-trifilietreeks van mengkristalle () wat die ortorombiese olivienkristalstruktuur het. In sy stoïgiometriese vorm is die materiaal 'n elektriese isolator, maar deur kationdoping kan die geleidingsvermoë daarvan met 'n faktor van 108 verhoog word. Dit maak dit bruikbaar as 'n elektrodemateriaal.The Canadian Mineralogist, Vol. 42, pp. 1105-1115 (2004); STRUCTURAL VARIATION IN THE LITHIOPHILITE–TRIPHYLITE SERIES AND OTHER OLIVINE-GROUP STRUCTURES; ARTHUR LOSEY, JOHN RAKOVAN AND JOHN M. HUGHES, CARL A. FRANCIS, M. DARBY DYAR

Batterye In die 2020's het hierdie materiaal baie belangrik geword as elektrodemateriaal in litiumbatterye. Dit vind toenemend toepassing in elektriese voertuie sowel as in netwerkskaal-bergingstoepassings vir elektriese energie. Hulle word dikwels LiFePO4- of LFP-batterye genoem.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van litium Kategorie:Verbindings van yster